settings icon
share icon
Vraag

Oplegging van hande – wat sê die Bybel daaroor?

Antwoord


“Oplegging van hande” is ‘n Bybelse aksie; tog is daar geen bybelse mandaat wat vereis word vir die fisiese oplegging van hande vir ‘n spesifieke geestelike bediening nie. Jesus het sekerlik Sy hande op baie wat Hy genees het, gelê; tog het Hy ook genees sonder handoplegging. Soms was Hy nie eens naby die omgewing van hulle wat Hy genees het nie. Matt 8:8 beskryf die genesing van die offisier se slaaf, sonder om nader na die offisier se huis te gaan.

Daar is twee gebeure om in ag te neem: in die een geval stort die Heilige Gees die gawe van in tale spreek, saam met die handeling van ‘n apostel wat hande oplê, uit en in die ander geval doen Hy dit, sonder die handoplegging, maar eenvoudig deur die apostel se prediking.

“Daarop sê Paulus: ‘Johannes het die mense gedoop as hulle hulle bekeer het. Maar hy het vir die volk gesê dat hulle in die Een moet glo wat ná hom kom, dit is in Jesus.’ Toe hulle dit hoor, het hulle hulle in die Naam van die Here Jesus laat doop. Paulus het hulle ook die hande opgelê. Toe het die Heilige Gees op hulle gekom en hulle het ongewone tale of klanke gebruik en God se boodskap verkondig.”

Hand 10:44-64: “Terwyl Petrus nog praat, het die Heilige Gees op almal gekom wat na die woord geluister het. Toe die Joodse gelowiges wat saam met Petrus gekom het, hoor hoe die mense ongewone tale of klanke gebruik en God prys, was hulle baie verbaas dat die Heilige Gees as gawe uitgestort is, ook op mense wat nie Jode is nie.”

In 1 Tim 5:22 is die gedagte nie sodanig in die veroorsaking van die fisiese aksie van handoplegging nie, as wat dit die idee is dat uitstorting die verantwoordelikheid van geestelike leierskap is (alhoewel dit gedoen word) moet dit met omsigtigheid plaasvind. Dit moenie “skielik” gedoen word nie of sonder in agneming nie: “Moenie iemand oorhaastig die hande oplê en jou so aan die sondes van ‘n ander medepligtig maak nie. Sorg dat jy onberispelik bly.”

Sonder twyfel was die oplegging van hande in die vroeë kerk ‘n gebruik om die boodskap met die boodskapper te verbind, of die geestelike gawe met die begaafde gewer. Dit het ‘n “teken” gebring wat hom bekragtig, waardeur die fisiese manifestasie van ‘n geestelike gawe uitgestort was. Ons moet verstaan dat daar geen magiese bybelse formules bestaan vir die bediening van die kerk nie. Die oplegging van hande het op sigself geen krag nie. Die handoplegging word slegs deur God gebruik as dit gedoen word in ooreenstemming met God se Woord.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Oplegging van hande – wat sê die Bybel daaroor?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries