settings icon
share icon
Vraag

Is die opstanding van Jesus waar?

Antwoord


Die Bybel gee vir ons oortuigende bewyse dat Jesus wel opgestaan het uit die dood. Jesus se opstanding word omskryf in Matteus 28:1020; Markus 16: 1-20; Lukas 24:1-53 en in Johannes 20:21:25. Die opstanding van Christus word ook in Handelinge weergee (Handelinge 1:1-11). Hierdie boeke voorsien ons van verskeie bewyse dat Jesus wel opgestaan het. Kom ons kyk na ‘n paar voorbeelde wat Jesus se opstanding beaam.

Eerstens vind daar ‘n dramatiese verandering by die disipels plaas, hulle gaan van verkrikte mans wat vir hul lewens gevrees het en wegkruip het, na selfvertroue getuienisse wat Christen leerwyses in die openbaar verkondig. Hoe anders kan ons hierdie gedaante verwisseling verduidelik dat hulle geweet het, Jesus lewe en dat Hy opgestaan het uit die dood.

Die apostel Paulus is nog ‘n bewys dat ons met sekerheid kan weet; Jesus het wel opgestaan. Paulus het van Christen vervolger gegaan na een van die sterkste ondersteuners van die Goeie Nuus nadat Jesus aan hom verskyn het toe hy op pad was na Damaskus (Handelinge 9:1-6).

Die derde bewys wat ons voorlê is die bewys van die lee̎ grafkelder. As Christus nie opgewek was nie, hoekom was die graf leeg? Die disipels en ander het gesien waar Jesus begrawe was, toe hulle terugkeer was die grafkelder leeg. Engele het hulle vertel dat Jesus uit die dood opgestaan het, net soos Jesus belowe het (Matteus 28:5-7).

Die vierde bewys wat ons lewer is dat Jesus aan menigte verskyn het (Matteus 28:5, 9, 16-17’ Markus 16”9; Lukas 24:13-35; Johannes 20:19, 24, 26-29; Handelinge 1:6-8; 1 Korinteers 15:5-7), verduidelik hierdie gebeurtenis.

Nog ‘n bewys van Jesus se opstanding is die onsagtike respek wat die apostels vir Jesus getoon het na Jesus se kruisiging (en opstanding). Daar is mos geen moontlikheid dat hulle hierdie tiepe respek sou getoon het indien Jesus nie self aan hulle verskyn het nie.

Die sleutel gedeelte oor Jesus se opstanding word in 1 Korintie̎rs 15 gevind. In hierdie hoofstuk verduidelik Paulus hoekom dit so belangrik is dat ons Christus se opstanding verstaan en hoekom ons dit moet glo. Die opstanding is belangrik vir die volgende redes (1) Indien Christus nie opgestaan het nie sal gelowiges ook nie kan opstaan nie (1 Korintie̎rs 15:12-15) en (2) Indien Christus nie opgestaan het nie sou Sy offer vir sondes nie genoegsaam gewees het nie (1 Korintie̎rs 15:16-19). Jesus se opstanding bewys dat God hierdie offer vir ons sondes aanvaar het. “En as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof waardeloos en is julle nog vasgevang in julle sondes” (1 Korintie̎rs 15:17). “Maar nou is die werklikheid totaal anders! God het Christus uit die dood laat opstaan! Hy het die eerste gerf geword van die groot oes van mense wat uit die dood opgewek word” (1 Korintie̎rs 15:20).

En laastens, die Bybel is baie duidelik dat almal wat in Jesus glo die ewige lewe sal bee̎rwe en weer opgewek word net soos Jesus opgewek was (1 Korintie̎rs 15:20-23). In Korintiërs 15 word ons eerstens vertel hoe Christus se opstanding sondes oorwin het (1 Korintie̎rs 15:24-34) en dan beskryf dit hoe ons natuur sal wees en die liggaam wat ons sal ontvang na die dood (1 Korintie̎rs 15:35-49). As gevolg van Jesus se opwekking sal almal wat in Hom glo ook die dood oorwin (1 Korintie̎rs 15:50-58).

Watter ‘n wonderlike waarheid is dit dat Christus opgestaan het! “Dus, my geliefde broers en susters, staan baie vas, onbeweeglik. Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk, want julle weet voor die here is alles wat julle doen die moeite werd” (1 Korintiërs 15:58). Die Bybel vertel ons dat Jesus se opstanding waar is, sonder enige twyfel. Die Bybel noem dat meer as 400 mense Jesus gesien het na Sy kruisiging en heropstanding.

Hierdie, dat Jesus uit die dood opgestaan het, is die basis van die Christen leerstelling.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is die opstanding van Jesus waar?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries