settings icon
share icon
Vraag

Wat is peinsende gebed?

Antwoord


Dit is belangrik om eers “peinsende gebed” te definieer. Dit beteken nie net “Peins terwyl jy bid nie.” Die Bybel gee opdrag dat ons met ons verstand moet bid (1 Kor 14:15), dus is dit duidelik dat gebed bepeinsing insluit. Om met jou verstand te bid, is nie wat “peinsende gebed” ten doel het nie. Dit het stadigaan al meer toepassing in die praktyk gekry, asook populariteit saam met die styging van die opkomende kerkbeweging – ‘n beweging wat baie onskriftuurlike idees en praktyke tot gevolg het. Peinsende gebed is een so ‘n praktyk.

Peinsende gebed is ook bekend as “sentreringsgebed”, wat meditering in die praktyk insluit, waar die beoefenaar op die woord fokus en daardie woord oor en oor herhaal tydens die tydsduur van die oefening. Alhoewel peinsende gebed in verskillende groepe verskillend beoefen word, is daar ooreenkomste. Hierdie vorm van gebed sluit die keuse van ‘n heilige woord in, as die simbool van jou intensie tot toestemming van God se teenwoordigheid en handeling daarin. Hierdie gebed sluit gewoonlik ‘n gemaklike sitposisie in, met oë gesluit, om kortliks en in stilte die heilige woord te stel. Wanneer so ‘n bidder van sy/haar gedagtes bewus raak, moet hy/sy altyd saggies na die heilige woord teruggaan.

Alhoewel dit mag klink na ‘n onskuldige oefening, het hierdie tipe gebed hoegenaamd geen skriftuurlike ondersteuning nie. Dit is egter net die teenoorgestelde van hoe gebed volgens die Bybel gedefinieer word. “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend”. (Fil 4:6). “Daardie dag sal julle nie meer vrae aan My stel nie. Dit verseker Ek julle: Wat julle die Vader ook al in my Naam sal bid, sal Hy vir julle gee. Tot nou toe het julle nog nie in my Naam gebid nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees” (Joh 16:23-24). Hierdie verse en ook ander beeld gebed duidelik uit as begrips-kommunikasie met God, nie as esoteriese, mistieke meditasie nie.

Peinsende gebed, soos ontwerp, fokus op ‘n mistieke gebeurtenis met God. Mistisisme is egter suiwer subjektief en is nie gebaseer op waarheid of feite nie. Tog is die Woord van God aan ons gegee met die uitsluitlike doel om ons geloof en ons lewens op die Waarheid te baseer (2 Tim 3:16-17). Wat ons van God weet, is op feite gebaseer; deur te vertrou op kennis wat regdeur die Bybelse opgaaf beleef is, plaas ‘n persoon bokant die Bybelse standaard.

Peinsende gebed verskil nie van die nadenkende oefeninge wat in die Oosterse godsdienste en New Age kultusse gebruik is nie. Die meeste ondersteuners omhels ‘n ope spiritualiteit tussen aanhangers van alle godsdienste en verkondig die idee dat verlossing op baie maniere verkry kan word, terwyl Christus Self verkondig het, dat verlossing slegs deur Hom verkry word (Joh 14:6). Peinsende gebed, soos in die moderne gebedsbeweging beoefen word, is in opposisie met die Bybelse Christelikheid en moet definitief vermy word. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is peinsende gebed?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries