settings icon
share icon
Vraag

Wat is pelagianisme en semi-pelagianisme?

Antwoord


Pelagius was ‘n monnik in die laat 300’s en vroeë 400’s. Pelagius het verkondig dat menslike wesens onskuldig gebore word, sonder die vlek van die oorspronklike of aangebore sonde. Hy het geglo dat God elke menslike siel direk geskep het en dus was elke mens oorspronklik vry van sonde. Pelagius het geglo dat Adam se sonde nie toekomstige menslike generasies beïnvloed het nie. Hierdie siening het as pelagianisme bekend geraak.

Pelagianisme het baie Skrifgedeeltes en Skriftuurlike beginsels weerspreek. Eerstens vertel die Bybel dat ons sedert die oomblik van bevrugting sondig is (Ps 51:5). Verder leer die Bybel dat alle menslike wesens as gevolg van sonde sterf (Eseg 18:20; Rom 6:23). Terwyl pelagianisme beweer dat die mens nie met ‘n natuurlike neiging tot sonde gebore word nie, sê die Bybel die teenoorgestelde (Rom 3:10-18). Rom 5:12 stel dit duidelik dat Adam se sonde die oorsaak is, dat die res van die mensdom deur sonde geïnfekteer word. Enigeen wat kinders grootgemaak het, kan bevestig dat kindertjies geleer moet word om hulself te gedra; hulle hoef nie geleer te word hoe om te sondig nie. Pelagianisme is dus duidelik onskriftuurlik en moet verwerp word.

Semi-pelagianisme leer hoofsaaklik dat die mensdom besoedel is deur sonde, maar nie in so ‘n mate dat ons nie saam met God se genade, op ons eie kan saamwerk nie. Dit is hoofsaaklik gedeeltelike bedorwenheid, in teenstelling tot algehele verval. Dieselfde Skrifgedeeltes wat pelagianisme verfoei, wil ook semi-pelagianisme verwerp. Rom 3:10-18 beskryf definitief nie die mensdom as net gedeeltelik deur sonde bedorwe nie. Die Bybel leer ons dat sonder God wat ons “nader trek”, ons nie by magte is om saam te werk met God se genade nie. “Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie na My toe trek nie (Joh 6:44). Soos pelagianisme, is semi-pelagianisme onbybels en moet dit verwerp word. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is pelagianisme en semi-pelagianisme?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries