settings icon
share icon
Vraag

Hoe sal ek weet wanneer ek die perfekte eggenoot vir my gevind het?

Antwoord


Die Bybel spreek nie die kwessie van die ”perfekte eggenoot” aan of gee nie spesifieke inligting oor die vind van die regte huweliksmaat nie. Die een ding wat God se Woord duidelik uitspel, is dat ons moet seker maak dat ons nie met ‘n ongelowige trou nie (2 Kor 6:14-15). 1 Kor 7:39 herinner ons dat, terwyl ons nog vry is om te trou, moet ons daardie persoon trou wat vir God aanvaarbaar is – met ander woorde, Christene. Behalwe dit, is die Bybel stil oor hoe ons gaan weet of dit die “regte” persoon is.

Waarom spel God nie vir ons uit waarna ons moet uitkyk in so ‘n maat nie? Waarom is daar nie meer spesifieke inligting oor so ‘n belangrike onderwerp nie? Die waarheid is dat die Bybel so duidelik is oor wat ‘n Christen is en sy optrede, dat meer spesifieke inligting onnodig is. Christene behoort dieselfde te dink oor belangrike sake en indien twee Christene saamstem om te trou en om Christus te gehoorsaam, beskik hulle al klaar oor die nodige bestanddele vir sukses. Aangesien ons gemeenskap oorstroom is met baie belydende Christene, sal dit wys wees om te onderskei, voordat ons onsself wy aan die lewenslange binding van ‘n huwelik. Eers wanneer die moontlike maat se prioriteite geïdentifiseer is – as hy/sy waarlik daartoe verbind is om soos Christus te wees – dan is dit makliker om meer spesifiek te identifiseer en daaroor te kan besluit.

Eerstens moet ons seker maak dat ons gereed is om te trou. Ons moet genoeg volwassenheid hê om verder as die “nou” te kyk en in staat wees om onsself beskikbaar te stel vir ‘n lewenslange verbintenis met hierdie persoon. Ons moet ook besef dat die huwelik opoffering en onselfsugtigheid vereis. Voor die troue moet die paartjie die rolle en verpligtinge van man en vrou bestudeer (Ef 5:22-31; 1 Kor 7:1-16; Kol 3:18-19; Titus 2:1-5; 1 Pet 3:1-7).

‘n Paartjie moet seker maak om mekaar vir ‘n sekere tyd te ken voordat trouplanne bespreek word. Jy moet dophou hoe die ander persoon in verskillende situasies optree, hoe hy/sy tussen vriende en familie optree en met watter soort mense hulle tyd saam spandeer. ‘n Persoon se gedrag word grootliks beïnvloed deur diegene in wie se geselskap hy/sy hom/haar bevind (1 Kor 15:33). Hulle moet saamstem oor dinge soos moraliteit, finansies, waardes, kinders, kerkbywoning en betrokkenheid, verhoudings met skoonouers en werkverband. Hierdie is areas van potensiële konflik in die huwelik en moet versigtig voor die tyd oorweeg word.

Laastens, elke paartjie moet oorweeg om eers vir voorhuwelikse berading met hul predikant of ‘n ander opgeleide Christenberader te gaan. Hier sal hulle waardevolle leiding kry om hul huwelik op ‘n geloofsfondament in Christus te bou en ook hoe om onvermydelike konflikte te hanteer. Nadat al hierdie kriteria bereik is, is die paartjie gereed om deur middel van gebed te besluit of dit hul begeerte is om te trou. Indien ons ernstig na God se wil vra, sal Hy ons die pad aanwys (Spreuke 3:5-6).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe sal ek weet wanneer ek die perfekte eggenoot vir my gevind het?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries