Vraag
Is dit verkeerd om prente van Jesus te hê?
Antwoord
Toe God aan die begin Sy Wet aan die mensdom gegee het, het Hy begin met die stelling oor wie Hy is: Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny bevry het” (Eks 20:2). Hy het die waarskuwing gegee dat Israel geen ander God as Hy mag dien nie. Hy het dit onmiddellik opgevolg dat geen beeld of enigiets “in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde” gemaak mag word nie (Eks 20:4), vir die doel om te aanbid of voor te buig nie. Die fassinerende ding oor die geskiedenis van die Joodse volk is dat hulle hierdie gebod meer as enige van die ander oortree het. Oor en oor het hulle afgode gemaak om as gode te aanbid; hulle het begin met die maak van die goue kalf gedurende die tyd juis toe God die Tien Gebooie vir Moses neergeskryf het (Eks 32)! Afgodsaanbidding het nie slegs die Israeliete van die ware en lewende God af weggedryf nie, dit het gelei tot allerhande sondes, insluitende tempelprostitusie, losbandige drinkpartye en selfs die offer van kinders.
Deur net eenvoudig ‘n prent van Jesus in ‘n huis of kerk te hang, beteken nie dat mense afgodsaanbidding bedryf nie. Dit is moontlik dat ‘n portret van Jesus of ‘n vorm van ‘n kruis ‘n voorwerp van aanbidding kan raak, in so ‘n geval doen die aanbidder verkeerd. Maar daar is niks in die Nuwe Testament wat ‘n Christen spesifiek verbied om ‘n prent van Jesus te besit nie. So ‘n beeld kan wel ‘n herinnering wees om te bid, om opnuut op die Here te fokus of in Sy voetstappe te volg. Gelowiges moet egter weet dat die Here nie afgemaak kan word na ‘n twee-dimensionele prent en dat gebed en verwondering aan ‘n prent betoon kan word nie. ‘ n Prent sal nooit ‘n volmaakte beeld van God wees nie of Sy heerlikheid akkuraat vertoon nie en dit sou nooit ‘n plaasvervanger wees vir hoe ons God sien of ons kennis van Hom verdiep nie. En, natuurlik selfs die mooiste verteenwoordiging van Jesus Christus is niks meer as een kunstenaar se persepsie van hoe die Here lyk nie.
Ons weet nie hoe Jesus lyk nie. As die besonderhede van Sy fisiese voorkoms belangrik was vir ons om te weet, sou Matteus, Petrus, en Johannes dit sekerlik vir ons gegee het deur ‘n akkurate beskrywing, en so ook Jesus se eie broers, Jakobus en Judas. Tog gee hierdie Nuwe Testamentiese skrywers geen besonderhede daaroor nie. Ons is oorgelaat aan ons verbeelding.
Ons benodig nie ‘n prent om die natuur van ons Here en Verlosser te vertoon nie. Ons kan slegs na Sy skepping kyk, soos Ps 19:2-3 ons vertel: “Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van Sy hande bekend. Die een dag gee die berig deur aan die ander en die een nag deel die kennis aan die volgende mee.” Ons onmiddellike bestaan as die verlostes van die Here, geheilig en regverdig gemaak deur Sy bloed aan die kruis, sal Hom altyd so voor ons sien.
Die Bybel, die ware Woord van God is ook gevul met nie-fisiese beskrywings van Christus, wat ons verbeeldings en ons siele aangryp en opgewonde maak. Hy is die lig van die wêreld (Joh 1:15); die brood van die lewe (Joh 6:32-33); die lewende water wat ons siele verkwik van dors (Joh 4:14); die hoëpriester wat vir ons intree by die Vader (Hebr 2:17); die goeie herder wat Sy lewe vir die skape aflê (Joh 10:11,14); die vleklose Lam van God (Openbaring 13:8); die outeur en die Een wat ons geloof vervolmaak (Hebr 12:2); die weg, die waarheid , die lewe (Joh 14:6); en die ware beeld van die onsienlike God (Kol 1:15). So ‘n Verlosser is wonderliker vir ons as enige stuk papier wat teen ‘n muur hang.
In haar boek “Gold Cord”, vertel die sendeling, Amy Carmichael van Preena, ‘n jong Indiese meisie wat ‘n Christen geraak het en in juffrou Carmichael se weeshuis gebly het. Preena het nooit ‘n prent van Jesus gesien nie. Amy Carmichael het vir die Heilige Gees gebid om Jesus aan elke meisie te openbaar, “for who but the Divine can show the Divine?” Op ‘n dag het Preena’n pakkie van oorsee ontvang. Toe sy dit opgewonde oopmaak, haal sy ‘n prent van Jesus uit. Preena het onskuldig gevra wie dit was en toe aan haar vertel word dat dit Jesus was, het sy in trane uitgebars. “Wat is verkeerd?” het hulle gevra. “Hoekom huil jy?” Klein Preena se antwoord het dit alles gesê: “I thought He was far more beautiful than that” (bl 151).
English
Is dit verkeerd om prente van Jesus te hê?