settings icon
share icon
Vraag

Wat is die preteristiese siening van die eindtye?

Antwoord


Die preteristiese uitleg van die Skrif beskou die boek Openbaring as ‘n sinnebeeldige beskrywing van vroeë kerklike konflikte, nie as ‘n beskrywing van wat in die eindtye gaan gebeur nie. Preterisme ontken die toekomsgerigte profetiese aard van die grootste deel van die boek Openbaring. In meerdere of mindere mate verbind preterisme die allegoriese en simboliese uitleg met die begrip dat Openbaring nie met bepaalde toekomstige gebeurtenisse handel nie. Die preteristiese beweging leer hoofsaaklik dat alle eindtyd profesieë van die Nuwe Testament in 70 nC vervul was toe die Romeine Jerusalem en Israel aangeval en vernietig het.

Die briewe aan die gemeentes in Openbaring 2 en 3 was geskryf aan werklike kerke in die eerste eeu, en bevat praktiese aanwendings vir kerke vandag. Maar hoofstukke 6-22, indien op dieselfde wyse uitgelê word as die res van die Bybelse profesieë, was geskryf oor gebeure wat nog in die toekoms vervul moet word. Daar is geen rede om die profesieë in Openbaring allegories uit te lê nie. Voorheen vervulde profesieë was letterlik vervul. By voorbeeld, al die verse in die Ou Testament wat die eerste koms van Christus voorspel het was letterlik vervul in Jesus. Christus het gekom op die tyd wat voorspel was (Daniël 9:25-26). Christus was uit ‘n maagd gebore (Jesaja 7:14). Hy het gely en vir ons sonde gesterf (Jesaja 53:5-9). Hierdie is maar ‘n paar voorbeelde van die honderde Ou Testamentiese profesieë wat God aan die profete gegee het wat in die Skrif aangeteken is en letterlik vervul was. Dit maak eenvoudig net nie sin om te probeer om onvervulde profesieë te allegoriseer nie of onvervulde profesieë op ‘n ander wyse te verstaan as deur gewone lees nie.

Verder, preterisme is heeltemal teenstrydig met die uitleg van die boek Openbaring. Volgens die preteristiese siening van die eindtye, is hoofstukke 6-18 van Openbaring simbolies en allegories, dit beskryf nie letterlike gebeure nie. Maar hoofstuk 19, volgens die preteriste, moet letterlik verstaan word. Jesus Christus sal letterlik en liggaamlik weer kom. Dan word hoofstuk 20 weer allegories deur die preteriste uitgelê, terwyl hoofstukke 21-22 letterlik verstaan word, ten minste gedeeltelik, in die sin dat daar werklik ‘n nuwe hemel en nuwe aarde sal wees. Niemand ontken dat Openbaring verstommende en soms verwarrende gesigte bevat nie. Niemand ontken dat Openbaring sommige dinge figuurlik beskryf nie. Maar om willekeurig die woordelike karakter van gekose gedeeltes van Openbaring te ontken, is om die basis van die vertolking van enige boek letterlik te vernietig. As die seëls, basuine, bakke, getuies, 144000, dier, valse profeet, duisendjarige koninkryk, ens allegories of simbolies is, op grond waarvan maak ons aanspraak dat die wederkoms van Christus en die nuwe aarde letterlik is? Dit is waar preterisme faal – dit laat die uitleg van Openbaring oor aan die mening van die vertolker. In plaas daarvan moet ons dit lees, dit glo, gehoorsaam daaraan wees – letterlik en noukeurig.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die preteristiese siening van die eindtye?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries