Vraag
Wat is progressiewe openbaring ten opsigte van verlossing?
Antwoord
Die term "progressiewe openbaring" verwys na die gedagte en lering dat God verskeie aspekte van Sy wil en algehele plan vir die mensdom oor verskillende tydsperiodes geopenbaar het, waarna verwys word deur sommige teoloë as "dispensasies." Vir hierdie teoloë is 'n dispensasie 'n onderskeie ekonomie (dit is 'n geordende toestand van dinge) in die uitwerking van God se doelwit. Hierdie siening debatteer die getal dispensasies wat gedurende die geskiedenis plaasgevind het, almal glo dat God net sekere aspekte van Homself en Sy plan van redding geopenbaar het in elke dispensasie, met elke nuwe dispensasie gebou op die vorige een.
Aangesien hierdie ondersteuningsgroep in progressiewe openbaring glo, is dit belangrik om daarop te let dat 'n persoon dit moet steun om progressiewe openbaring aan te hang. Feitlik alle Bybelstudente erken die feit dat sekere waarhede wat in die Skrif opgeneem is, nie ten volle deur God aan vorige generasies geopenbaar is nie. Enigeen wat vandag nie 'n diere-offer saam met hom bring as hy tot God wil nader of wat op die eerste dag van die week, eerder, as die laaste wil aanbid, verstaan dat sulke verskille in die praktyk en kennis progressief geopenbaar en regdeur die geskiedenis toegepas is.
Daarbenewens is daar gewigtiger sake rakende die konsep van progressiewe openbaring. Een voorbeeld daarvan is die geboorte en ontstaan van die Kerk, waarvan Paulus praat: "ek, Paulus, 'n gevangene deur my diens aan Christus Jesus. Julle het tog seker gehoor van die opdrag wat God in Sy genade aan my gegee het in julle belang. Hy het Sy geheimenis deur 'n openbaring aan my bekend gemaak, soos ek dit hierbo kortliks beskrywe het, en as julle dit lees, sal julle 'n begrip kry van my insig in die geheimenis van Christus. Nog nooit tevore in die geskiedenis is die geheimenis aan die mensdom bekend gemaak soos God dit nou deur die Gees aan Sy heilige apostels en profete geopenbaar het nie. En dit is die geheimenis: deur die verkondiging van die evangelie en in hulle verbondenheid met Christus Jesus, word ook mense wat nie Jode is nie, saam met ons deel van die volk van God en lede van die liggaam van Christus en kry hulle ook saam met ons deel aan wat God belowe het" (Ef 3:1-6).
Paulus skryf byna dieselfde ding in Romeine: "God is magtig om julle te laat vasstaan ooreenkomstig die evangelie van Jesus Christus wat ek verkondig en ooreenkomstig die openbaring van die geheimenis. Eeue lank het dit geheim gebly, maar nou is dit geopenbaar. Aan die hand van die geskrifte van die profete en in opdrag van die ewige God is dit aan alle nasies bekend gemaak sodat hulle in God kan glo en aan Hom gehoorsaam kan wees" (Rom 16:26-26).
Tydens besprekings aangaande progressiewe openbaring is een van die eerste vrae wat mense vra, hoe dit verlossing raak. Is die mense voor Christus se geboorte op 'n ander wyse gered as hedendaagse mense? In die Nuwe Testamentiese era word mense gemaan om hul geloof in die voltooide werk van Jesus Christus te plaas en te glo dat God Hom uit die dood opgewek het en dan sal hulle gered word (Rom 10:9-10; Hand 16:31). Tog skryf Ou Testamentiese deskundige Allen Ross, "Dit is hoogs onwaarskynlik dat elkeen wat geglo het in verlossing (in die Ou Testament) bewustelik in die plaasvervangende dood van Jesus Christus, die Seun van God, geglo het." John Feinberg voeg by, " Die mense van die Ou Testamentiese era het nie geweet dat Jesus die Messias was, dat Jesus sou sterwe en dat Sy dood die grondslag van verlossing sou wees nie." Indien Ross en Feinberg reg is, wat presies het God geopenbaar aan hulle wat voor Christus se koms geleef het en hoe is die Ou Testamentiese heiliges gered? Wat, indien enigiets het verander ten opsigte van verlossing in die Ou Testament tot by die Nuwe Testament?
Progressiewe Openbaring – Twee Maniere of Een manier van Verlossing?
Sommige meen dat hulle wat progressiewe openbaring aanhang, voorstanders is van twee verskillende metodes van redding – een wat in plek was voor Christus se koms en 'n ander na Sy dood en opstanding. So 'n siening is verwerp deur L.S. Chafer: "Is daar twee maniere om gered te word? In antwoord op hierdie vraag, kan gesê word dat verlossing van watter aard ookal, is altyd die werk van God ten opsigte van die mens en nooit 'n werk van die mens ten opsigte van God nie…… Daar is dus net een manier om gered te word en dit is deur die krag van God, moontlik gemaak deur Christus se offerande aan die kruis."
Indien dit waar is, hoe kan die openbaringe in die Ou en Nuwe Testamente betreffende verlossing versoenbaar wees? Charles Ryrie som dit bondig op: Die grondslag van verlossing is nog altyd die dood van Christus; die vereiste vir verlossing nog altyd is geloof; die onderwerp van geloof is nog altyd God; die inhoud van geloof verander deur die onderskeie eeue." Met ander woorde, dit maak nie saak wanneer 'n mens geleef het nie, hul verlossing is bo alles afhanklik van die werk van Christus en 'n geloof in God, maar die hoeveelheid kennis wat die mens het, aangaande die bepalings van God se plan het vermeerder deur die eeue, as gevolg van God se progressiewe openbaring. Aangaande die Ou Testamentiese heiliges sê Norman Geisler die volgende: "Kortliks lyk dit meestal dat die normatief van die Ou Testamentiese verlossingswerk-vereistes (in terme van eksplisiete geloof) die volgende was (1) geloof in die eenheid van God, (2) erkenning van menslike sondigheid, (3) aanvaarding van God se nodige genade en moontlik (4) die verstaan dat daar 'n komende Messias sou wees."
Is daar getuienis in die Skrif om Geisler se siening te ondersteun? Oordink hierdie gedeelte, wat die eerste drie vereistes bevat, in die evangelie van Lukas:
"Twee mense het na die tempel toe gegaan om te bid. Die een was 'n Fariseër en die ander een 'n tollenaar. Die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: 'O God, ek dank U dat ek nie soos ander mense is nie: diewe, bedrieërs, egbrekers en ook nie soos hierdie tollenaar nie. Ek vas twee keer in die week en ek gee 'n tiende van my hele inkomste.' Maar die tollenaar het daar ver bly staan en wou selfs nie na die hemel opkyk nie. Hy het bedroef op sy bors geslaan en gesê: 'O God, wees my, sondaar, genadig.' Ek sê vir julle: 'Hierdie man, en nie die ander een nie, het huis toe gegaan as iemand wie se saak met God reg is. Elkeen wat hoogmoedig is, sal verneder word; en hy wat nederig is, sal verhoog word'" (Lukas 18:10-14).
Hierdie gebeurtenis het plaasgevind voor die dood en opstanding van Christus, dus is hier duidelik iemand betrokke wat geen kennis van die Nuwe Testamentiese evangelieboodskap gehad het nie, soos dit huidig verwoord word. In die eenvoudige stelling van die belastinggaarder ("O God, wees my, sondaar, genadig.") vind ons (1) 'n geloof in God, (2) 'n erkentenis van sonde, en (3) 'n aanvaarding van genade. Dan maak Jesus 'n baie interessante stelling: Hy sê die man het "geregverdig" huis toe gegaan. Dit is die presiese term wat Paulus gebruik het om die posisie van 'n Nuwe Testamentiese heilige wat in die evangelieboodskap geglo het en sy geloof in Christus geplaas het, te beskryf: "God het ons dan nou vrygespreek omdat ons glo" (Rom 5:1).
Die vierde op Geisler se lys is nie in Lukas se samevatting nie – die verstaan van die komende Messias. Ander Nuwe Testamentiese gedeeltes dui egter aan dat hierdie 'n eenvoudige lering kan wees. Byvoorbeeld, in Johannes se weergawe van Jesus en die Samaritaanse vrou by die put, sê sy, "Ek weet dat die Messias kom. Hy wat ook die Christus genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy alles aan ons bekend maak" (Joh 4:25). Soos Geisler egter self erken was geloof in die Messias nie 'n "moet" vir die Ou Testamentiese redding nie.
Progressiewe Openbaring – Meer getuienis vanuit die Skrif
'n Vinnige soeke in die Skrif openbaar die volgende verse in beide die Ou en Nuwe Testamente, wat die feit ondersteun dat geloof in God altyd die toegang tot verlossing was:
"Abram het toe in die Here geglo en die Here het dit goed gevind dat Abram so volgens die wil van die Here gehandel het" (Gen 15:6).
"Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word" (Joël 2:32).
"omdat die bloed van bulle en bokke onmoontlik die sondes kan wegneem" (Hebr 10:4).
"Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. Dit is immers vanweë hulle geloof dat daar oor die mense van die ou tyd met soveel lof getuig is" (Hebr 11:1-2).
"As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon" (Hebr 11:6).
Die Skrif stel dit eenvoudig dat geloof die sleutel tot verlossing is vir alle mense deur die geskiedenis, maar hoe kon God mense red sonder dat hul kennis gedra het van Christus se offerande vir hulle? Die antwoord is dat God hulle gered het op grond van hul antwoord (respons) ten opsigte van die kennis wat hulle gehad het. Hul geloof het vorentoe gekyk na iets wat hulle nie kon sien nie, terwyl gelowiges in die teenwoordige tyd terug kyk na gebeure wat hulle kan sien.
Die Skrif leer dat God altyd vir mense genoeg openbaring gee om tot geloof oor te gaan. Nou dat Christus se werk afgehandel is, het die vereiste verander; die "tye van onkunde" is verby:
"Hy het in die verlede alle nasies toegelaat om hulle eie koers te gaan, maar tog bekend gemaak dat dit Hy is wat die goeie dinge gee" (Hand 14:16).
"God het die tye van onkunde oorgesien, maar nou roep Hy al die mense oral op om hulle te bekeer" (Hand 17:30).
"Hom het God gegee as offer wat deur Sy bloed versoening bewerk het vir dié wat glo. Hierdeur het God getoon wat Sy vryspraak behels: Hy het die sondes wat Hy voorheen in sy verdraagsaamheid tydelik ongestraf laat bly het, vergewe" (Rom 3:25).
Voor Christus se koms, het God Jesus se dood geskadubeeld deur die offerande-sisteem en Sy mense voorberei om te verstaan dat sonde na die dood lei. Die Wet was gegee as 'n tutor om mense te lei tot die verstaan dat hulle sondaars was, wat God se genade benodig het (Gal 3:24).Die Wet het egter nie die voorafgaande Verbond met Abraham, wat op geloof gebaseer was, opgehef nie; dit is hierdie Verbond wat die huidige verlossing vorm gee (Rom 4). Soos Ryrie egter voorheen genoem het, die gedetaileerde "inhoud" van ons geloof – die hoeveelheid openbaringe wat gegee is – het vermeerder deur die eeue, sodat hedendaagse mense 'n meer direkte begrip het van wat God van hulle vereis.
Progressiewe Openbaring — Gevolgtrekkings
Met verwysing na God se progressiewe openbaring, skryf Johannes Calvyn, "The Lord held to this orderly plan in administering the covenant of his mercy: the day of full revelation approached with the passing of time, the more he increased each day the brightness of its manifestation. Accordingly, at the beginning when the first promise of salvation was given to Adam (Gen 3:15) it glowed like a feeble spark. Then, as it was added to, the light grew in fullness, breaking forth increasingly and shedding its radiance more widely. At last – when all the clouds were dispersed – Christ, the Sun of Righteousness, fully illumined the whole earth" (Institutes, 2.10.20).
Progressiewe openbaring beteken nie dat God se mense in die Ou Testament sonder enige openbaring of verstaan was nie. Hulle wat voor Christus geleef het, sê Calvyn, was nie "sonder die prediking wat die hoop op verlossing en van die ewige lewe bevat het nie, maar ….hulle het slegs van veraf 'n vlugtige blik en 'n skaduagtige omlyning gehad,van wat ons nou in volle daglig sien" (Institutes, 2.7.16; 2.9.1; commentary on Galatians 3:23).
Die feit dat niemand gered word sonder die dood en opstanding van Christus nie, is duidelik opgeneem in die Skrif (Joh 14:6). Die grondslag van verlossing was en sal altyd wees, die offerande van Christus aan die kruis en die wyse van verlossing was altyd nog geloof in God. Tog het die inhoud van 'n persoon se geloof altyd afgehang van die hoeveelheid openbaringe wat God graag wou gee binne 'n sekere tyd.
English
Wat is progressiewe openbaring ten opsigte van verlossing?