settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit om God te prys?

Antwoord


Christene praat dikwels daarvan “om God te prys” en die Bybel gee opdrag aan alle lewende skepsels om die Here te Prys (Ps 150:6). Een Hebreeuse woord vir “prys” is “yadah” en die betekenis daarvan is “prys, om dankie te sê, of bekentenis.” ‘n Tweede woord vir “prys” in die Ou Testament is “zamar” en beteken “lofprysing.” ‘n Derde woord vir “prys” is “halal” (die oorsprong van “hallelujah”) wat beteken “om te prys, eer of lofprys.” Al drie terme bevat die idee van dank en eer betuig teenoor die een wat dit waardig is.

Die boek Psalms is ‘n samevatting van liedere, gevul met lofprysings aan God. Tussen hulle is Ps 9:2, wat sê, “Met my hele hart wil ek U prys, Here, wil ek van U magtige reddingsdade vertel.” Ps 18:50 sê, “….tot eer van U Naam ‘n lofpsalm sing.” Ps 21:13 prys God beide vir wie Hy is en vir Sy groot krag: “Laat U mag seëvier, Here, dan sal ons U krag besing en daaroor roem.”

Ps 150 gebruik die term “prys” 13 maal in 6 verse. Die eerste vers beskryf die “waar” God oral geprys moet word! “Prys God in Sy heiligdom, prys Hom hier onder Sy magtige hemelgewelf!”

Die volgende vers leer “hoekom” die Here geprys moet word: “Prys Hom oor Sy kragtige dade, prys Hom in Sy magtige grootheid!”

Verse 3-5 sê “hoe” om die Here te prys – met ‘n verskeidenheid van instrumente en dans. Die indruk word gekry dat alles wat ons het wat ‘n geluid kan voortbting, kan gebruik word om die Here te prys.

Vers 6 vertel ons “wie” moet die Here prys: “Laat alles wat asemhaal, die Here prys!” Elke lewende ding is veronderstel om die Here te prys.

In die Nuwe Testament is daar voorbeelde van hoé om Jesus te prys. Matt 21:16 verwys na hulle wat Jesus geprys het, toe Hy op ‘n donkie Jerusalem in gery het. Matt 8:2 vertel van ‘n melaatse wat voor Jesus gebuig het. In Matt 28:17 is Jesus se dissipels aangesê om Hom te aanbid na Sy opstanding. Jesus het aanvaar om as God geprys te word.

Die vroeë kerk het dikwels tye van lofprysing gedeel. Byvoorbeeld, die eerste kerk in Jerusalem het ‘n lofprysingsfokus ingesluit (Hand 2:42-43). Die kerkleiers in Antiogië het gebid, vereer en gevas gedurende die tyd toe Paulus en Barnabas opgeroep was vir sendingwerk (Hand 13:1-5). Baie van Paulus se briewe sluit uitgebreide gedeeltes is van lofprysing tot die Here (1 Tim 3:14-16; Fil 1:3-11).

Met die wederkoms van Jesus, sal al God se kinders deel uitmaak van ‘n ewige lofprysing tot God. “Daar sal niks meer wees wat deur God vervloek is nie. Die troon van God en van die Lam sal in die stad wees en Sy dienaars sal Hom dien” (Openbaring 22:3). Met die vloek van sonde wat verwyder sal wees, sal hulle wat by die Here is, vir ewig die Koning van konings in volmaaktheid prys. Daar word gesê dat ons aanbidding van God op aarde net eenvoudige voorbereiding is vir die viering van lofprysing wat sal plaasvind vir ewig saam met die Here.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit om God te prys?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries