settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor rasisme?

Antwoord


Die eerste ding wat ons moet verstaan in hierdie bespreking is dat daar net een ras is – die menslike ras, wit, swart, bruin, geel of Arabiere of Jode is nie verskillende rasse nie, hul is maar net verskillende etniese groepe van mensdom. Alle mense besit dieselfde fisiese eienskappe (met geringe uitsonderings). Meer belangrik is dat alle mense na die beeld en gelykenis van God geskape is (Genesis 1:26-27). "God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê” (Johannes 3:16). Die woord wereld sluit alle etniese groepe in.

God toon geen partydigheid of voortrekkery nie (Deuteronomium 10:17; Handelinge 10:34; Romeine 2:11; Effesiërs 6:9) en ons moet ook nie. Jakobus 2:4 beskryf die mense wat diskrimineer as “oordeel met verkeerde gedagtes”. Instede moet ons naaste lief hê soos onsself (Jakobus 2:8). In die Ou Testament het God mensdom in twee groepe gedeel, Jode en Heidene. God se plan was dat die Jode ‘n koningryk van priesters was wat aan al die volke gepreek het. Maar die Jode het trots geword en neergesien op die Heidene. Jesus Christus het al die skeidings van vyandigheid weggeneem (Effesiërs 2:14). Al die vorms van rasisme, bevoordeling en diskriminasie is beledigings teenoor die werk van Jesus op die kruis.

Jesus beveel ons om almal lief te hê net soos Hy ons lief het (Johannes 13:34). As God onpartydig is en ons lief het sonder enige patrydigheid dan moet ons ook ander lief het op dieselfde standaard. Jesus leer ons in Mattheus 25 dat as ons iets doen vir die minste van Sy broeders dan doen ons dit ook aan Hom. As ons iemand met afguns behandel dan mishandel ons ‘n persoon wat deur God in Sy ewebeeld geskape was, ons maak iemand seer vir wie God lief is en vir wie Jesus gesterf het.

Rasisme om in verskeie vorms en op verskillende vlakke plaas en is dit al vir baie, baie jare ‘n probleem. Broers en susters van alle etniese groepe, hierdie is verkeerd. Slagoffers van rasisme, bevoordeling en diskriminasie moet vergewe. Effesiërs 4:32 verklaar, “Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het”. Rassiste mag miskien nie vergifnis waardig wees nie maar net so is ons ook nie God se vergifnis waardig nie. Die mense wat rassisme, bevoordeling en diskriminasie toepas moet beroiu en vergifnis vra, “Julle moet geen deel van julle liggame in diens van die sonde stel as 'n werktuig om goddeloosheid te bedrywe nie. Nee, stel julle in diens van God as mense wat dood was maar lewend gemaak is, en stel elke deel van julle liggame in diens van God as werktuig om te doen wat God wil” (Romeine 6:13). Mag Galasiërs 3:28 volkome verstaan word, “Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één”.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor rasisme?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries