settings icon
share icon
Vraag

Wat is redaksiekritiek en hoër kritiek?

Antwoord


Redaksiekritiek en hoër kritiek is net ‘n paar van baie vorme van Bybelse kritiek. Hul intensie is om die Skrif te ondersoek en die outeurskap te beoordeel, asook die geskiedkundigheid en datum wanneer dit geskryf is. Die meeste van hierdie metodes is probeerslae om die inhoud van die Bybel te vernietig.

Bybelse kritiek kan in twee hoofvorme opgebreek word: hoër en laer kritiek. Laer kritiek is ‘n poging om die oorspronklike bewoording van die teks/gedeelte te vind, aangesien ons nie meer oor die oorspronklike geskrifte beskik nie. Hoër kritiek handel oor die egtheid van die teks of gedeelte. Die volgende vrae word gevra: Wanneer is dit werklik geskryf? Wie het dit werklik geskryf?

Baie kritici in hierdie groepe glo nie in die Skrif as inspirasie nie en dus gebruik hulle hierdie vrae om die werk van die Heilige Gees in die lewens van die outeurs van ons Skrifgedeeltes, te verban. Hulle glo dat ons Ou Testament eenvoudig ‘n versameling van mondelingse tradisies was en nie werklik geskryf was nie, wel eers nadat Israel na Babilon in 586 vC verban is.

Natuurlik kan ons in die Skrif sien dat Moses die Wet en die eerste vyf boeke van die Ou Testament (Pentateug) geskryf het. Indien dit nie werklik deur Moses geskryf is nie en eers baie jare nadat die Israelitiese volk ontstaan het, sou hierdie kritici by magte gewees het om die onakkuraatheid te bewys en daarby die outoriteit van God se Woord te verwerp. Dit is egter nie waar nie. (Vir bespreking van die bewyse van Moses se outeurskap van die Pentateug, kan ons artikels op die dokumentêre hipotesis en die JEDP teorie gesien word). Redaksiekritiek is die siening dat die skrywers van die Evangelies niks meer was as die finale samestellings van mondelingse tradisies en nie werklik die direkte skrywers van die Evangelies was nie. Een kritikus wat die siening van redaksiekritiek handhaaf, sê dat die doelwit van sy studie is, om die “teologiese motivering” agter die outeur se keuse en samestelling of tradisies of ander geskrewe materiaal, binne die Christendom te vind.

Wat ons basies in al hierdie vorme van Bybelse kritiek sien, is ‘n poging deur sommige kritici om die Heilige Gees se werk te skei, toe die samestelling van ‘n akkurate, betroubare geskrewe dokument van God se Woord plaasgevind het. Die skrywers van die Skrif verduidelik hoe die Skrifgedeeltes ontstaan het. “Die hele Skrif is deur God geïnspireer” (2 Tim 3:16). God het aan die mense die woorde gegee wat Hy neergeskryf wou hê. Petrus, die apostel, het geskryf, “Dit veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgelê word nie, want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie” (2 Pet 1:20,21). Hier bedoel Petrus dat hierdie geskrifte nie deur drome by die verstand van ‘n mens uitgebring is nie en ook nie sommer net geskryf is, omdat die mense iets wou skryf nie. Petrus gaan aan, “Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die Woord wat van God kom, verkondig” (2 Pet 1:21). Die Heilige Gees het aan hulle gesê wat Hy wou hê dat geskryf moes word. Daar bestaan geen rede om die outoriteit van die Skrif te kritiseer nie, want ons weet dat God agter die skerms mense gelei en aangewys het, wat om in die Skrif vas te lê. Nog een versgedeelte kan ‘n belangrike bydrae maak tot die akkuraatheid van die Skrif: “en wanneer die Vader in My Naam die Voorsprsaak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het” (Joh 14:26). Hier het Jesus aan Sy dissipels vertel dat Hy spoedig sou weggaan, maar dat die Heilige Gees hulle sou help onthou wat Hy vir hulle hier op aarde geleer het, sodat hulle dit later te boek kon stel. God was agter die outeurskap en bewaring van die Skrif. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is redaksiekritiek en hoër kritiek?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries