settings icon
share icon
Vraag

Wat is die regte manier om te bid?

Antwoord


Wat is die beste manier om te bid: staan, sit, kniel of buig? Moet ons hande oop, gevou of na God omhoog wees? Moet ons oë toe wees? Is dit beter om in ‘n kerkgebou of in die natuur te bid? Moet ons in die oggend as ons opstaan of in die aand wanneer ons gaan slaap, bid? Is daar sekere woorde wat ons moet gebruik? Hoe moet ons ons gebede begin? Wat is die regte manier om af te sluit? Hierdie en ander is algemene vrae oor gebed. Wat is die regte manier om te bid? Maak dit enigsins saak?

Baiekeer word gebed as ‘n “toorformule” gesien. Sommige glo, dat indien ons nie die regte dinge sê of in die regte posisie sit nie, God nie hoor en antwoord nie. Dit is totaal onbybels. God antwoord nie ons gebede op grond van wat ons bid, waar ons is, watter posisie ons in is of watter woordorde ons gebruik nie. In 1 Joh 5:14-15 staan daar dat ons in geloof tot God moet bid en dat ons moet weet dat Hy ons hoor en ons sal gee wat ons vra, indien dit binne Sy wil is. Joh 14:13-14 verklaar: “Wat julle ook al in my Naam vra, sal ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word. As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.” Na aanleiding hiervan en baie ander Skrifgedeeltes, beantwoord God gebedsversoeke, gebaseer op Sy wil en in die Naam van Jesus (om aan Jesus lof te bring).

Dus, wat is die regte manier om te bid? Fil 4:6-7 leer ons om sonder angs te bid, om oor alles te bid en met dankbare harte. God sal al sulke gebede beantwoord, met die gawe van Sy vrede in ons harte. Die regte manier om te bid, is om ons harte voor God uit te stort, om eerlik en oop voor God te staan, want Hy ken ons beter as wat ons, onsself ken. Ons moet ons versoeke tot God rig en in gedagte hou dat God die beste weet en nie ‘n versoek sal toestaan, wat nie volgens Sy wil is nie. Ons moet ons liefde, dankbaarheid en lofprysing aan God in gebed oordra, sonder om bekommerd te wees oor die regte woordgebruik. God stel meer belang in dit wat in ons harte aangaan, as in ons woordgebruik.

Matt 6:9-13 gee die beste “patroon” vir gebed, in die “Onse Vader”-gebed. Verstaan asseblief dat hierdie gebed nie gememoriseer en aan God voorgedra word nie. Dit is ‘n voorbeeld van die dinge waarvoor ons moet bid – lofprysing, geloof in God, versoeke, belydenis en onderworpenheid. Ons moet bid vir die dinge wat die “Onse Vader”-gebed van praat, deur ons eie woorde te gebruik en dit aan te pas by ons eie pad wat ons met God stap. Die regte manier om te bid, is om ons harte voor God leeg te maak. Sit, staan of kniel; hande oop of gevou; oë oop of gesluit; in ‘n kerk of by die huis of buite; in die more of in die aand – hierdie is alles bysaak en ondergeskik aan persoonlike voorkeur, oortuiging en toepaslikheid. God se begeerte is dat ons gebed opreg en ‘n persoonlike gesprek tussen Homself en ons moet wees. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die regte manier om te bid?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries