Vraag
Hoekom is regverdigmaking deur geloof so ‘n belangrike lering?
Antwoord
Die lering aangaande regverdigmaking deur geloof is wat bybelse Christelikheid van alle ander gelowe skei. In elke godsdiens en in sommige vertakkings van wat as “Christendom,” bekend staan, is die mens besig om sy pad na God toe oop te werk. Slegs in opregte, bybelse Christelikheid word ‘n mens gered as gevolg van genade deur geloof. Slegs as ons teruggaan na die Bybel, sien ons dat regverdigmaking deur geloof geskied, geskei van werke.
Die woord “regverdigmaking” (justified) beteken “verklaar of behandel as regverdig.” Vir ‘n Christen is regverdigmaking die handeling van God, nie slegs deur die vergifnis van die gelowige se sondes nie, maar deur hom die regverdigheid van Christus toe te reken. Die Bybel noem op verskeie plekke dat regverdigmaking slegs deur geloof kom (Rom 5:1; Gal 3:24). Regverdigmaking word nie verdien deur ons eie werke nie; ons word eerder togevou deur die regverdigheid van Jesus Christus (Ef 2:8; Titus 3:5). Die Christen wat regverdig verklaar is, is dus vrygemaak van die sondeskuld.
Regverdigmaking is ‘n afgehandelde werk van God en dit is oombliklik, in teenstelling met heiligmaking, wat ‘n aanhoudende groeiproses is, waardeur ons meer en meer soos Christus word (die handeling om “gered te word” (1 Kor 1:18; 1 Tess 5:23). Heiligmaking vind plaas na regverdigmaking.
Om die lering van regverdigmaking te verstaan, is belangrik vir die Christen. Eerstens is dit juis die kennis van regverdigmaking en van genade wat goeie werke en geestelike groei motiveer; dus lei regverdigmaking na heiligmaking. Die feit dat regverdigmaking ‘n voltooide werk van God is, beteken dat Christene sekerheid het van hul verlossing. In God se oë het gelowiges die regverdigheid nodig om die ewige lewe te verkry.
As ‘n persoon eers geregverdig is, is daar niks meer wat hy nodig het om in die hemel te kom nie. Aangesien regverdiging deur geloof in Christus kom, gegrond op Sy werk in ons plek, word ons eie werke gediskwalifiseer as ‘n metode vir verlossing (Rom 3:28). Daar bestaan eindelose godsdienstige stelsels met komplekse teologieë wat die valse doktrine leer van regverdigmaking deur werke. Maar hulle is besig om “‘n ander evangelie – wat werklik glad geen evangelie is nie” te leer (Gal 1:6-7). Sonder ‘n begrip van regverdiging deur geloof alleen, kan ons nie werklik die heerlike gawe van genade ontvang nie – God se “onverdiende guns” lei na “verdien” in ons gedagtes en ons begin dink dat ons verlossing verdien. Die lering van regverdigmaking deur geloof help ons om met “suiwere toewyding aan Christus” (2 Kor 11:3) te leef. Om vas te hou aan regverdigmaking deur geloof, beskerm ons om vir die leuen te val, dat ons die hemel kan verdien. Daar is geen ritueel, geen sakrament, geen daad wat ons waardig kan maak, ten opsigte van die regverdigheid van Christus nie. Dit is slegs Sy genade, in antwoord op ons geloof, dat God ons die heiligheid van Sy Seun toegevoeg het. Beide die Ou en Nuwe Testament sê, “Elkeen wat deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe” (Habakuk 2:4; Rom 1:17; Gal 3:11; Hebr 10:38).
English
Hoekom is regverdigmaking deur geloof so ‘n belangrike lering?