settings icon
share icon
Vraag

Ek is ‘n Christen wat aan rook verslaaf is. Hoe kan ek dit oorkom?

Antwoord


Baie Christene wat vir baie jare swaar rokers was, kan geredelik simpatiseer met die verknorsing van enigeen wat probeer om rook te los en kan heeltemal verstaan watter stryd dit is wat hulle deurmaak. Om op te hou rook, is nie maklik nie, maar dit kan gedoen word. Baie rokers wat twee pakkies per dag gerook het, is bevry en kan getuig van die feit dat dit gedoen kan word, wanneer ons die kwessie aan God oorgee en vertrou op Sy krag en sterkte.

Daar is tallose redes waarom die rookgewoonte ‘n goeie idee is vir almal om op te gee, maar veral vir Christene. Indien ‘n Christen onseker is waarom op te hou met rook ‘n goeie idee is en onseker is of dit ‘n sonde is, sal ons artikel “What is the Christian view of smoking? Is smoking a sin?” ‘n goeie plek wees om te begin. Die redes wat in die artikel uiteengesit word, behoort ruim motivering te bied aan ‘n roker. Hulle wat vasberade is om rook te los, moet verstaan dat, menslik gesproke, is dit een van die moeilikste dinge om te doen. Navorsing het getoon dat nikotien baie verslawend is, selfs meer as heroïen, beweer sommige.

Die verslawende aard van nikotien moet ons egter nie ontmoedig nie. Paulus vertel aan ons, “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee” (Fil 4:13). Dit moeilik is en om ten volle te onttrek en vat baie tyd, voordat daar nie meer ‘n begeerte na sigarette is nie. As Christene moet ons na God opsien, van wie ons hulp kom. Ons plaas ons harte op dinge daarbo en bid dat die Here ons die krag sal gee om oorwinning in hierdie stryd te behaal. Sommige mense laat die Here uit in hul poging om slegte gewoontes te oorkom en dit is ‘n groot fout. Gebed help in hierdie tipe situasies en ons word genooi om ons probleem direk na God se Troon te neem en na Hom wat hulle kan oplos (Heb 4:16).

Deur op die krag van die Heilige Gees te vertrou, beteken nie noodwendig dat mediese hulp om op te hou rook, nie ook gebruik kan word nie. Baie het groot hulp ontvang deur middel van plakkers, pille, ens. Na gebed en konsultasie met ‘n dokter, en God jou vrede gee om ‘n mediese hulpmiddel te gebruik, is daar geen rede waarom nie.

In 2 Kor 12:9 het God verklaar dat Sy genade genoeg is. Wanneer ons swak is, is Hy sterk. Ons begeerte na sigarette sal verminder algaande ons groei en sterk word in die Here. Die krag van God sal in ons werk om die drang na rook te verminder, alles tot Sy eer. God sal ons die krag gee om Christus eerste te plaas en onsself laaste. So sal ons vind dat dit wat ons opgee, ons meer sal vergoed deur wat ons wen.

Deur in God se Woord oorspoel te word, is belangrik vir die Christen wat begeer om rook te los. Hier is ‘n paar verse om te memoriseer en op te mediteer. Verse wat vir ander gehelp het om oorwinning te behaal oor ‘n rookverslawing:

Joh 8:32, “en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.”

Joh 8:36, “Eers as die Seun julle vry maak, sal julle werklik vry wees.”

1 Kor 6:19-20, “Of besef julle nie dat julle liggaam ‘n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.”

Hebr 12:1-2, “Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof.”

Rom 13:14, “Nee, julle moet lewe soos volgelinge van die Here Jesus Christus en nie voortdurend daarop uit wees om julle sondige begeertes te bevredig nie.”

1 Kor 9:27, “Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie.”

Matt 19:26, “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.”

Joh 15:5, “Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.”

Ef 4:22, “Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word.”

Fil 4:13, “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.”

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Ek is ‘n Christen wat aan rook verslaaf is. Hoe kan ek dit oorkom?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries