settings icon
share icon
Vraag

Wat word ‘n Christelike paartjie toegelaat, seksueel?

Antwoord


Die Bybel vertel ons dat, “Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom” (Hebreers 13:4). Die Skrif sê nooit wat ‘n man en vrou nie mag doen of doen nie. Mans en vrouens word gemaan, “Moenie vir mekaar omgang weier nie, behalwe met wedersydse toestemming en net vir 'n bepaalde tyd om julle aan die gebed te wy (1 Korintiers 7:5a). Hierdie verse kan dus gesien word as die basiese beginsel vir seksuele verhoudings in die huwelik. Wat ook al gedoen word moet beide partye saam stem en gemaklik voel. Nie een van die twee moet gedwing word om iets teen sy of haar sin te doen nie of waar daar ongemaklikheid bestaan nie. Indien die man en vrou saam stem om iets te probeer (soos orale seks, seksulele speelgoed, posisies ... ens) dan gee die Bybel geen rede hoekom dit nie gedoen kan word nie.

Daar is wel ‘n paar dinge wat geensins toegelaat word nie. Om ‘n huweliksmaat uit te leen of te deel (met iemand anders soos bv frie of vier persone) is egbreuk (galasiers 5:19; Effesiers 5:3; Kolossense 3:5; 1 Tessalonissense 4:3). Egbreuk is sonde self al laat jou huweliksmaat dit toe of neem deel aan dit. Pornografie lok na die “lus vir die vlees en lus vir die oë” (1 Johannes 2:16) en word deur God verbied. ‘n Man of vrou moet nooit pornografie in hulle seksuele eenheid toelaat nie. Anders as die twee items is daar niks wat deur Skrif spesifiek verbied word wat ‘n getroude paartjie mag doen nie, net solank beide ooreenstem (saam stem) en gemaklik daarmee is.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat word ‘n Christelike paartjie toegelaat, seksueel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries