settings icon
share icon
Vraag

Wat is die sewe afskuwelike sondes?

Antwoord


Die sewe afskuwelike sondes is ‘n lys wat oorspronklik gebruik was om Christene te leer en onderrig watter sondes die mens van nuture neig is om verkeerd te doen. Daar bestaan ‘n misverstand dat hierdie sondes is wat God nie sal vergewe nie. Die Bybel is egter duidelik dat die enigste sonde wat nie vergewe word nie is net voordurende ongeloof, want dit verwerp die enigste weg om vergifnis te bekom – deur Jesus Christus en Sy vervangende dood (vir ons sondes) aan die kruis.

Is die idee van sewe afkuwelike sondes dan on-Bybels? Spreuke 6:16 – 19 verklaar, “Die Here haat ses dinge, nee, sewe waarvan Hy ‘n afsku het: (1) oë wat straal van hoogmoed, (2) ‘n tong wat lieg, (3) hande wat met bloed bevlek is, (4) gedagtes wat met komplotte besig is, (5) voete wat net een koers ken, die van die kwaad, (6) ‘n getuie wat lieg en (7) iemand wat rusie stook tussen broers”. Maar daar is mense wat nie hierdie lys sien en verstaan as die eintlike sewe afkuwelike sondes nie.

Volgens Pous Gregory van die 6 de eeu is hierdie sewe sondes, hoogmoed, afguns, ooreet, begeerte, geldgierigheid en luiheid. Alhoewel al hierdie ongetwyveld sonde is, word dit nie so in die Bybel aangeteken nie as die sewe afskuwelike sondes nie. Die traditionele lys van sewe afskuwelike sondes kan wel mooi in ‘n lys van sonde gekategoriseer word. Amper al die sondes kan in hierdie sewe “groepe” van sondes ingedeel word. Maar, meer belangrik is om te besef dat dat hierdie sewe afkuwelike sondes geensins groter sondes is as enige ander sonde nie. Alle sondes lei tot die dood (Romeine 6:23). Prys die Here wat deur Jesus Christus al ons sondes, insluitende die sewe afkuwelike sondes kan vergewe (Matteus 26:28; Handelinge 10:43; Effesiërs 1:7).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die sewe afskuwelike sondes?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries