settings icon
share icon
Vraag

Is daar iets soos sielsgenote?

Antwoord


Die algemene idee van “sielsgenote” is dat vir elke persoon daar ‘n ander persoon is wat perfek by hom of haar pas en indien jy met enige iemand anders trou sal jy ongelukkig wees. Is hierdie konsep Bybels? Nee, dit is nie. Die wereldse sielsgenoot konsep word baie gereeld gebruik as verskoning om te skei. Mense wat ongelukig in hulle huwelik is voel dat hulle het nie met hulle sielsgenoot getrou het nie en daarom moet hulle skei en dan vir hulle sielsgenoot gaan soek. Hierdie is niks meer as ‘n verskoning nie en dit is ’n onbybelse verskoning. Wanneer jy trou is die persoon met wie jy trou jou siel-maat. Markus 10:7-9 verklaar, “Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle twee sal een wees. Wat God dan saamgevoeg het, mag 'n mens nie skei nie”. Sielgenoot.

Dit gebeur dat ‘n huwelik nie ‘n eenheid is, dit kan ook wees dat dit nie so gelukkig is as wat ons voor gewens het nie. ‘n Man en vrou mag miskien nie die fisiese, emosionele en geestelike eenheid vorm as wat verwag word nie. Maar selfs in hierdie gevalle bly die man en vrou nog steeds sielsgenote. ‘n Paartjie in hierdie situasie moet daarna streef en daaraan werk om sodoende ‘n sielsgenootskap te bekom. Deur die Bybel te gehoorsaam oor die huwelik (Effesiers 5:22-33) kan ‘n paartjie liefde, intimiteit en trouheid ontwikkel soos wat van sielsgenote verwag word. Dit maak nie saak hoe deurmekaar die huwelik is nie, God kan dit herstel, vergewe en restoreer tot ‘n liefdevolle harmonie.

Is dit moontlik om die verkeerde maat te trou? Indien ons, onsself tot God wend en Sy wil vir ons soek en nastreef, belowe God dat Hy ons sal lei tot die regte besluit, “Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop” (Spreuke 3:5-6). Hierdie verse sinspeel daarop en impliseer dat ons, ons eie wil kan volg en in die verkeerde rigting kan loop of verkeerde besluite kan neem. Ja, dit is dus moontlik ten tye van ongehoorsaamheid en geen verhouding met God, dat ons die verkeerde persoon kan trou. Maar ons moet onthou dat selfs in daardie omstandighede God soewerein is en in beheer is.

Selfs as was ons huweliks keuse nie die wens van God nie, bly dit steeds in God se soewereine wil en plan. God haat egskeiding (Malagie 2:16) en die redenasie om “met die verkeerde persoon te trou” word nooit in die Bybel genoem as gronde vir ‘n egskeiding nie. Die eis, “Ek het die verkeerde persoon getrou en daarom sal ek nooit gelukkig wees totdat ek my sielsgenoot gevind het nie” is onbybels in twee aspekte. Eerstens, dit sinspeel daarop dat ons verkeerde besluit God se wil oorskry het en Sy plan (vir ons) vernietig het. Tweedens, dit sê dat God nie die vermoë het om ‘n probleem huwelik te herstel nie. Dit is belangrik dat ons besef dat niks wat ons doen kan ooit God se soewereine wil verander nie. God kan twee mense, maak nie saak hoe hulle nie bymekaar pas nie, wel kan verander en vorm en kan bring tot ‘n perfekte huwelik.

Indien ons vas staan in ‘n noue verband met God, sal Hy ons lei in die regte rigting. Die persoon wat in die wil van God loop sal altyd gelei word na die regte huweliksmaat. God sal ons na ons sielsgenoot toe lei indien ons, onsself aan hom toevertrou en Hom volg. ‘n Sielsgenoot is beide ‘n titel en ‘n aksie. ‘n Man en vrou is sielsgenote omrede hulle een word, geestelik, fiesies en emotioneel aanmekaar gekoppel word. Opregte sielsgenote is slegs moontlik wanneer die bybelse voorbeeld vir die huwelik gevolg word.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is daar iets soos sielsgenote?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries