settings icon
share icon
Vraag

Sal ons, ons vriende en falilie kan sien en hulle herken in die hemel?

Antwoord


Baie mense sê dat die eerste ding wat hulle graag sal wil doen wanneer hulle in die hemel kom is om al hulle vriende en geliefdes wat voor hulle dood is, weer te sien. In die ewigheid sal daar baie tyd wees om met vriende en geliefdes te spandeer. Maar dit sal nie ons primêre fokus wees nie. Ons sal baie meer besig wees om God te loof en prys asook om die wonders van die hemel te geniet. Ons bymekaar kom met ons vriende en geliefdes sal heel moontlik oorheers word met ons wardeering van God se genade in ons lewens, Sy wonderlike liefde en kragtige werke. Ons sal met blydskap gevul wees om Hom saam met die ander te loof en prys, veral met die wat ons op aarde geken het.

Wat sê die Bybel vir ons oor die feit dat ons mense in die lewe hierna sal herken? Koning Saul en Sameul het mekaar herken toe die dodebesweerster van En-Dor, Sameul oproep (1 Sameul 28:8-17). Toe Dawid se baba seun dood gegaan het, het Dawid verklaar, “Ek gaan na hom toe; hy kan nie na my toe terugkom nie” (2 Sameul 12:23). Dawid het aanvaar dat hy sy seun sal herken wanneer hy in die hemel is ongeag dat sy seun as ‘n baba gesterf het. In Lukas 16:19-31 het Abraham, Lazarus en die ryk man mekaar herken na die dood. Tydens die verskyning van Moses en Elia was hulle herken (Matteus 17:3-4). Met hierdie voorbeelde toon die Bybel aan ons dat dit wel so sal wees dat ons ander sal herken.

Die Bybel verklaar dat wanneer ons in die hemel kom sal ons, “oos Hy sal wees”. Ons sal Hom sien soos Hy werklik is (1 Johannes 3:2). Net soos ons liggame op aarde soos Adam se liggaam is, sal ons liggame in die hemel soos Jesus se liggaam wees (1 Korinthiërs 15:47). “Soos ons die beeld van die stoflike mens was, sal ons ook die beeld van die hemelse wees. Hierdie verganklike liggaam moet met die onverganklike beklee word, en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike” (1 Korinthiërs 15:49, 53). Baie mense het Jesus na Sy heropstanding herken (Johannes 20:16, 20, 21: 1 Korinthiërs 15:4-7). Indien Jesus herkenbaar was in Sy glorieryke liggaam sal ons ook netso herkenbaar wees in ons glorieryke liggame. Die werklikheid om geliefdes te sien is ‘n wonderlike aspek van hemel, maar hemel gaan baie meer oor God wees en minder oor ons wees. Watter wonderlike gebeurtenis gaan dit wees om God te kan loof en prys saam met ons vriende en geliefdes (vir ewig).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Sal ons, ons vriende en falilie kan sien en hulle herken in die hemel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries