settings icon
share icon
Vraag

Is alle sondes dieselfde vir God?

Antwoord


In Matteus 5:21-28 stel Jesus dit dat egbreuk gelyk is aan om iemand anders te begeer en dat om vir iemand te haat gelyk is aan moord. Maar dit beteken nie dat alle sondes dieselfde is nie. Wat Jesus hier aan die Fariseërs verduidelik het is dat sonde nog steeds sonde is al sluit dit die eintlike daad uit. Die geloofs leermeesters het in die dae van Jesus mense geleer dat dit nie verkeerd is as sonde net in jou gedagtes is nie, hulle het vir mense vertel dat dit net belangrik is om nie hulle sondes uit te leef nie of liewers jy kan dink aan moord net so lank jy dit nie doen nie. Jesus verduidelik dat ons aksies kom van die hart (Matteus 12:34).

Alhoewel Jesus gesê het dat egbreuk en lustige begeerte (vir iemand anders) dieselfde is, beteken dit nie dat dit gelykstaande aan mekaar is nie. Natuurlik is dit meer verkeerd om iemand dood te maak as om iemand te haat al is altwee van hierdie sondes verkeerd in God se oë. Daar is wel vlakke van sonde, soms is sekere sondes erger as ander sondes. Maar in dieselfde tyd moet daar verstaan word dat beide (alle sondes) gevolge tot redding sal hê, in hierdie lig kan daar dus gesê word dat alle sondes gelykstaande is. Alle sondes lei tot veroordeling (Romeine 6:23). Alle sondes ongeag van hoe klein dit is word teen die ewige God gepleeg en is onderworpe aan vonnis. Maar geen sondes is te groot dat God dit nie kan vergewe nie. Jesus het gesterf om vir ons sondes te betaal (1 Johannes 2:2). Jesus het vir alle sondes gesterf (2 Korinthiërs 5:21). Is alles sondes dieselfde vir God? Ja en nee. In erns? Nee. In vonnis? Ja. In vergifnis? Ja.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is alle sondes dieselfde vir God?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries