settings icon
share icon
Vraag

Indien jy ‘n klomp skuld het, kan jy tydelik staak om jou tiende te betaal, terwyl jy die skuld delg?

Antwoord


Dit is toelaatbaar om op te hou om jou tiende te betaal, terwyl jy jou skuld afbetaal. Om skuld te betaal, is ‘n verpligting; om tiendes te gee, is “opsioneel” vir die eenvoudige rede dat die opdrag vir tiendes deel van die Mosaïese Wet was en Christene is nie onder die Wet nie. Moet asseblief nie verkeerd verstaan nie – om vir die Here se werk te gee, is uiters belangrik. Om finansiële offers te gee, is deel van God se roeping vir elke Christen. Indien dit totaal onmoontlik is om die skuld af te betaal en terselfdertyd voort te gaan om tiendes te gee, sou dit nie verkeerd wees om minder te gee nie of tydelik heeltemal te staak nie, om sodoende die skulde af te betaal nie.

Ons enkele onveranderlike plig teenoor ander mense is dat ons hul liefhet, deur teenoor hulle op te tree soos ons wil hê hulle teenoor ons moet handel (Matt 7:12). Almal van ons wil hê dat mense ons moet betaal wat hul verskuldig is aan ons. Dus, as Christene leer Rom 13:8-10 ons die volgende: “Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê. Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet van God uit. Al die gebooie: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie begeer nie, of watter ander gebod daar ook al is, word immers in hierdie een gebod saamgevat: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself’. Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet.”

Die wet betreffende tiendes van die Ou Testament was God se voorsiening vir die materiële nood van die priesters van die stam van Levi. Hulle het ondersteuning nodig gehad om in die tempel te bedien en om die armes te hulp te kom (Numeri 18:26; Deut 26:12-15). Dus, wanneer die Israeliete nie die tempeltiendes gegee het nie, het God gewaarsku, “Sal ‘n mens werklik vir God beroof? Tog beroof julle My. Julle vra: ‘Waarvan beroof ons U?’ Van tiendes en offergawes” (Maleagi 3:8).

Die tiende was ‘n tiende van jou inkomste: “Die priesters wat van Levi afstam, het volgens die bepaling van die wet die reg om ‘n tiende in te vorder van die volk, dit wil sê van hulle broers, wat netsoos hulle ook afstammelinge van Abraham is” (Hebr 7:5). Die Levitiese priesterskap het aangehou dien in die tempel regdeur die aardse lewe van Jesus en die tiende moes gegee word. Maar na die dood, opstanding en hemelvaart van die Here Jesus het dinge verander: “As daar ‘n ander priesterskap kom, volg noodwendig ook ‘n verandering van die wet” (Hebr 7:12). Christus is nou ons Hoëpriester. Christene is nou God se tempel en Sy koninklike priesterskap (Hebr 4:14-15; 1 Kor 6:19-20; 1 Pet 2:9-10).

Ons Hoëpriester bedien die Nuwe Verbond aan ons (God se wet op ons harte geskrywe) deur aan ons die Heilige Gees te gee (Hebr 12:24; 10:16). Hierdie wet werk kragtig en maak dat ons andere liefhet met Geesgedrewe liefde (Gal 5:22-23). Dit is hoekom Johannes skryf, “Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar geen gevoel vir hom het nie – hoe kan die liefde van God in hom wees?” (1 Joh 3:17). God se liefde dryf ‘n opregte Christen om te gee, maar geeneen van die Nuwe Testamentiese sendbriewe gee opdrag of beveel selfs aan dat Christene ‘n tiende of enige ander persentasie moet betaal nie. As ‘n Christen gee, is dit die uitvloeisel van Christelike liefde.

Christene kan, indien hulle dit verkies ‘n tiende van hul inkomste vir die kerk gee, om sodoende geestelike en materiële behoeftes te help aanvul. Sommige sal kies om minder as ‘n tiende te gee; ander weer meer. Paulus beveel aan om vir die kerk op Sondag te gee: “Elke Sondag moet elkeen van julle na sy vermoë tuis iets opsy sit” (1 Kor 16:2a).

Christene moenie ophoop nie, maar soveel gee as wat God aandui. Dit is God se geld. Sy vergoeding weeg swaarder as die koste. “Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. En God is by magte om aan julle in oorvloed te skenk sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk” (2 Kor 9:6-8).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Indien jy ‘n klomp skuld het, kan jy tydelik staak om jou tiende te betaal, terwyl jy die skuld delg??
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries