settings icon
share icon
Vraag

Wat is die belangrikheid van die triomfantelike intog?

Antwoord


Die triomfantelike intog is toe Jesus in Jerusalem ingekom het op wat ons ken, as Palm Sondag, die Sondag voor die kruisiging (Joh 12:1, 12). Die storie van die triomfantelike intog is een van die min insidente in die lewe van Jesus wat in al vier Evangelies voorkom (Matt 21:1-17; Mark 11:1-11; Luk 19:29-40; Joh 12:12-19). Deur al vier weergawes saam te vat, raak dit duidelik dat hierdie intog ‘n belangrike gebeurtenis was, nie slegs vir die mense van Jesus se tyd nie, maar vir Christene regdeur die geskiedenis. Ons vier Palm Sondag om daardie betekenisvolle gebeure te onthou.

Op daardie dag het Jesus Jerusalem ingery op die rug van ‘n geleende donkievul, een waarop nog nooit gery was nie. Die dissipels het hul klere op die donkie gegooi vir Jesus om op te sit en die menigtes het uitgekom om hom te verwelkom deur hul klere voor Hom te gooi , asook die palmtakke. Die mense het Hom geprys terwyl Hy na die tempel toe gery het en uitgeroep dat Hy kom “in die Naam van die Here.” Daar het Hy die mense geleer, hulle genees en die geldwisselaars uitgedryf en handelaars wat van Sy Vader se huis ‘n “rowersnes” gemaak het (Markus 11:17).

Jesus se doelwit was om publiek te gaan met Sy getuienis dat Hy die Messias en Koning van Israel is en sodoende die profesie van die Ou Testament te vervul. Matteus noem dat die Koning op die donkievul ‘n presiese vervulling van Sag 9:9 was, “Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en Hy is ‘n oorwinnaar, Hy is nederig en Hy ry op ‘n donkie, op die hingsvul van ‘n donkie.” Jesus het in Sy hoofstad in gery as ‘n oorwinnaar en Koning en is deur die mense besing op daardie manier, op daardie dag. Die strate van Jerusalem, die koninklike stad, is oop voor Hom en soos ‘n koning bestyg Hy Sy paleis, nie ‘n wêreldse paleis nie, maar die geestelike paleis wat die tempel is, want Hy is ‘n geestelike koninkryk. Hy verdien die aanbidding en lofprysing van die mense, omdat slegs Hy dit waardig is. Hy gee nie meer opdrag aan Sy dissipels om stil te bly oor Hom nie (Matt 12:16, 16:20), maar om openlik Hom te loof en te aanbid. Die oopsprei van die klere was ‘n handeling vir die eerbetoon vir koninskap (2 Kon 9:13). Jesus het openlik aan die mense verklaar dat Hy hul Koning was en ook die Messias waarvoor hulle so lank gewag het.

Ongelukkig was die eerbetoon aan Jesus nie omdat hulle Hom as hul Verlosser van sonde erken het nie. Hulle het Hom verwelkom uit hul begeerte na ‘n messiaanse verlosser, iemand wat hulle sou lei in ‘n opstand teen Rome. Daar was baie wat, alhoewel hulle nie geglo het in Christus as Verlosser nie, nogtans gehoop het dat Hy vir hulle ‘n groot aardse verlosser sou wees. Hierdie is die mense wat Hom as Koning besing het met hulle baie hosannas, Hom erken het as die Seun van Dawid wat gekom het in die Naam van die Here, maar toe Hy gefaal het in hul verwagtinge, toe Hy geweier het om hulle te lei in ‘n massiewe opstand teen die Romeinse besetters, het die skares vinnig teen Hom gedraai. Binne slegs ‘n paar dae sou hul uitroepe verander na “Kruisig Hom!” (Luk 23:20-21). Diegene wat Hom as ‘n held vereer het, sou Hom binnekort verwerp en uitban.

Die storie van die triofantelike intog is een van kontraste en daardie kontraste bevat toepassings vir gelowiges. Dit is die storie van die Koning wat as ‘n nederige dienaar op ‘n donkie gekom het, nie op ‘n pronkperd nie, nie in koninklike klere nie, maar op die klere van die armes en nederiges. Jesus Christus kom nie om met mag soos aardse konings te oorwin nie, maar met liefde, genade, barmhartigheid en Sy eie offerande vir Sy mense. Hy is nie ‘n koninkryk van weermagte en praal nie, maar van nederigheid en ‘n dienskneg. Hy oorwin nie nasies nie, maar harte en gedagtes. Sy boodskap is een van vrede met God, nie aardse vrede nie. As Jesus ‘n triomfantelike intrede in ons harte gemaak het, regeer Hy daar in vrede en liefde. As Sy volgelinge, vertoon ons dieselfde kwaliteite en die wêreld sien die ware Koning in ons leef en regeer in oorwinningsvreugde.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die belangrikheid van die triomfantelike intog?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries