settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan ek ander wat teen my gesondig het vergewe?

Antwoord


Alle mense in hierdie lewe is al te na gekom, was al beledig en was daar al teenoor hulle gesondig. Hoe moet Christene optree wanneer hierdie dinge met hulle gebeur? Volgens die Bybel moet ons vergewe. Efesiërs 4:32 verklaar, “Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het”. Netse vertel Kolossense 3:13, “Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe”. Die boodskap van beide hierdie verse vertel ons om ander te vergewe net soos God ons ook vergewe. Hoekom moet ons vergewe? Want, ons word vergewe. Maar dit is so dat mense wat nie Christene is nie, nog nie deur God vergewe is nie en daarom het hulle ook nie die krag, vermoë of die wil om ander te vergewe nie.

Vergifnis sou eenvoudig en maklik gewees het indien dit slegs aan die mense wat werkilke berou en jammerte toon oor wat hulle gedoen het. Maar die Bybel vertel ons, ons moet vergewe sonder enige voorwaardes, slefs as iemand nie berou het nie. Indien ons weier om te vergewe wys dit dat ons nog kwalik neem, dat daar bitterheid en dat daar woede in ons is, al hierdie is tekens wat nie by ‘n Christen hoort nie. In die Here se Gebed vra ons God om ons sondes te vergewe net soos ons ook die wat teen ons gesondig het vergewe (Matteus 6:12). Jesus sê in Matteus 6:14-15, “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie." Van al die verse wat oor God se vergifnis praat, is Matteus 6:14-15 die heel duidelikste en sê dat iemand wat nie vergewe nie het ook nog nie God se vergifnis ervaar nie.

Wanneer ons een van God se wette verontagsaam dan sondig ons teen Hom. Wanneer ons ander mense te nakom is dit nie net teenoor daardie persoon nie maar ook teenoor God. Indien ons besef hoe God al ons oortredinge vergewe sal ons erken dat daar geen rede kan bestaan hoe ons hierdie genade (vergifnis) van ander mense kan weg hou nie. Ons het baie meer teen God gesondig as wat enige iemand teenoor ons kan sondig. Indien God al ons sondes vergewe hoe kan ons weier om ander se “kleiner” sondes teenoor ons te vergewe? Jesus se gelykenis in Mattheus 18:23-35 verduidelik hierdie aspek baie goed. God belowe as ons na Hom toe kom en vra dat Hy ons moet vergewe dan sal Hy dit vrylik doen (1 Johannes 1:9). Die vergifnis wat ons toestaan moet net so ook geen limiete hê nie, net soos God se vergifnis geen limiete toon nie (Lukas 17:3-4).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan ek ander wat teen my gesondig het vergewe?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries