Vraag
Ou Testament vs Nuwe Testament – Wat is die verskille?
Antwoord
Aangesien die Bybel ‘n eenvormige boek is, is daar verskille tussen die Ou en Nuwe Testamente. In baie gevalle is dit aanvullend. Die Ou Testament lê die grondslag en die Nuwe Testament bou daarop met verdere openbaringe vanaf God. Die Ou Testament lê beginsels neer wat beskou word as beskrywend van Nuwe Testamentiese waarhede. Die Ou Testament bevat baie profesieë wat in die Nuwe Testament vervul word. Die Ou Testament gee die geskiedenis van mense; die Nuwe Testament fokus op ‘n Persoon. Die Ou Testament beeld die straf van God teenoor sonde uit (met verwysings van Sy genade); die Nuwe Testament beeld die genade van God teenoor sondaars uit (met verwysings van Sy straf).
Die Ou Testament voorspel ‘n Messias (sien Jesaja 53) en die Nuwe Testament openbaar wie die Messias is (Joh 4:25,26). Die Ou Testament bevat die oorhandiging van God se Wet en die Nuwe Testament weergee hoe Jesus die Messias die Wet vervul het (Matt 5:17, Hebr 10:9). In die Ou Testament was God se onderhandelinge meestal met Sy uitverkore mense, die Jode; in die Nuwe Testament handel God meestal met Sy Kerk (Matt 16:18). Fisiese seëninge wat in die Ou Testament belowe is (Deut 29:9), word deur geestelike seën onder die Nuwe Verbond vervang (Ef 1:3).
Die Ou Testamentiese profesieë in verband met die koms van Christus, alhoewel dit ongelooflik breedvoerig beskryf word, bevat ‘n sekere hoeveelheid dubbelsinnighede wat in die Nuwe Testament opgeklaar word. Die profeet Jesaja het byvoorbeeld in Jesaja 53 gepraat van die dood van die Messias en die totstandkoming van die Messiaanse koninkryk (Jes 26), met geen aanduiding van hoe die kronologiese verloop van die twee gebeure was nie – dat die lyding en die oprig van die koninkryk deur millenniums geskei sou wees nie. In die Nuwe Testament word dit duidelik uitgespel dat die Messias twee keer sou kom: eerstens sou Hy ly en sterwe (en weer opstaan) en met die tweede koms sal Hy Sy koninkryk oprig.
Aangesien God se openbaring in die Skrif progressief is, plaas die Nuwe Testament beginsels wat in die Ou Testament bekendgemaak is, in skerper focus. Die Hebreërboek beskryf dat Jesus die ware Hoëpriester is en hoe Sy één offerande al die vorige offerandes vervang, wat bloot voorstellings was. Die Paaslam van die Ou Testament (Esra 6:20) word die Lam van God in die Nuwe Testament (Joh 1:29). Die Ou Testament gee die Wet. Die Nuwe Testament verduidelik dat die Wet moes dien om vir die mense hul behoefte aan verlossing en redding te wys en dat die bedoeling nooit was om te red nie (Rom 3:19,20).
Die Ou Testament wys dat die paradys vir Adam verlore is; die Nuwe Testament wys hoe die paradys deur die tweede Adam (Christus) herwin is. Die Ou Testament verklaar dat die mens deur sonde van God geskei is (Gen 3) en die Nuwe Testament verklaar dat die mens sy verhouding met God kan herstel (Rom 3:6). Die Ou Testament het die lewe van die Messias voorspel. Die Evangelies vertel van Jesus se lewe en die Sendbriewe vertolk Sy lewe en hoe ons moet reageer op alles wat Hy gedoen het.
Opsommenderwys lê die Ou Testament die grondslag vir die koms van die Messias, wat Homself sou offer vir die sondes van die wêreld (1 Joh 2:2). Die Nuwe Testament vertel van Jesus Christus se bediening en kyk dan terug op wat Hy gedoen het en hoe ons daarop moet reageer. Beide Testamente openbaar dieselfde heilige, genadige en regverdige God, wat sonde veroordeel, maar begeer om sondaars te red deur Sy versoeningsoffer. In beide Testamente openbaar God Homself aan ons en wys ons hoe ons deur geloof by Hom kan uitkom (Gen 15:6, Ef 2:8).
English
Ou Testament vs Nuwe Testament – Wat is die verskille?