settings icon
share icon
Vraag

Wat is versoening?

Antwoord


Die woord “versoening” dra die basiese betekenis van bevredig of voldoen, spesifiek teenoor God. Versoening is ‘n tweeledige handeling wat die bevrediging ten opsigte van die straf van die gegriefde persoon insluit en terselfdertyd in versoening met hom gaan.

Die nodigheid om God tevrede te stel is iets wat baie godsdienste in gemeen het. In antieke heidense godsdienste, sowel as vandag word geleer dat die mens God tevrede stel deur verskeie geskenke of offerandes te bring. Die Bybel leer egter dat God Homself as die enigste middel voorsien het, waardeur Sy wraak tevrede gestel kan word en die sondige mens weer met Hom versoen kan raak. In die Nuwe Testament verwys die daad van versoening altyd na die werk van God en nie na die geskenke of offerandes wat deur die mens gebring word nie. Die rede hiervoor is dat die mens heeltemal te swak is om God se oordeel te bevredig, behalwe om die ewigheid in die hel deur te bring. Daar is geen diens, offerande of gawe wat die mens kan offer wat die heilige wraak van God sal bevredig of aan Sy volmaakte oordeel sal voldoen nie. Die enigste tevredenheid of versoening wat vir God aanneemlik sou wees en wat die mens tot Hom sou versoen, moes deur God gemaak word. Om hierdie rede het God die Seun, Jesus Christus, in die wêreld laat kom, in menslike vlees, om die volmaakte offerande vir sonde te wees en versoening vir die sondes van die mense te bring (Hebr 2:17).

Die woord “versoening” word in verskeie verse gebruik om te verduidelik wat Jesus bereik het deur Sy dood aan die kruis. Byvoorbeeld, in Rom 3:24-26, “maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van Sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus. Hom het God gegee as offer wat deur Sy bloed versoening bewerk het vir dié wat glo. Hierdeur het God getoon wat Sy vryspraak behels. Hy het die sondes wat Hy voorheen in Sy verdraagsaamheid tydelik ongestraf laat bly het, vergewe.” Hierdie verse is ‘n kernpunt in Paulus se argument in die boek Romeine en is werklik die hart van die evangelie.

In die eerste 3 hoofstukke van Romeine, maak Paulus die argument dat elkeen, Jood en Heiden eenders is onder die oordeel van God en die straf verdien (Rom 1:18). “Almal het gesondig en is ver van God af” (Rom 3:23). Almal van ons verdien Sy straf en wraak. God in Sy oneindige genade en medelye het ‘n weg voorsien, dat Sy wraak bevredig kon word en ons met Hom versoen raak. Daardie weg is deur die offerdood van Sy Seun, Jesus Christus, wat die prys vir ons sondes betaal het. Dit is deur geloof in Jesus Christus, God se volmaakte offerande, dat ons met God versoen kan raak. Dit is slegs as gevolg van Christus se dood aan die kruis en Sy opstanding op die derde dag dat ‘n verlore sondaar wat die hel verdien, versoening by ‘n heilige God kan kry. Die wonderlike waarheid van die evangelie is dat Christene van God se straf verlos is en versoen is met God, “nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het, deur Sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes” (1 Joh 4:10).

Jesus het gesê “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie” (Joh 14:6). Die enigste weg vir God se straf teen die sondige mens is om bevredig te wees en vir ons om met God versoen te wees deur Jesus Christus. Daar is geen ander manier nie. Hierdie waarheid word ook in 1 Joh 2:2 gekommunikeer, “Hy is die versoening vir ons sondes; en nie net vir ons sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.” ‘n Belangrike deel van Christus se verlossingswerk is verlossing van God se straf; Jesus se versoening aan die kruis is die enigste ding wat God se goddelike oordeel oor sonde kon verander. Hulle wat Christus as hul Verlosser verwerp en weier om in Hom te glo, het geen hoop op verlossing nie. Hulle kan slegs wag om die straf van God in die gesig te staar, wat hulle opgegaar het vir die komende oordeelsdag (Rom 2:5). Daar is geen ander versoening of offerande wat vir ons sondes gebring kan word nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is versoening?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries