settings icon
share icon
Vraag

Wat is vervangingsteologie?

Antwoord


Vervangingsteologie leer hoofsaaklik dat die kerk Israel in God se plan vervang het. Aanhangers hiervan glo dat die Jode nie meer God se uitverkore volk is nie en dat God nie meer spesifieke toekomsplanne vir die volk Israel het nie. Al die verskillende sienings van die verhouding tussen die kerk en Israel kan in twee kampe verdeel word: óf die kerk is ‘n verlengstuk van Israel (vervanging/verbondsteologie) óf die kerk is heeltemal verskillend en apart van Israel (dispensasionalisme/premillennialisme).

Vervangingsteologie leer dat die kerk Israel vervang en dat die baie beloftes wat aan Israel in die Bybel gemaak is, in die Christelike kerk vervul is, nie in Israel nie. Dus, die profesieë in die Skrif aangaande die seën en herstel van Israel in die Beloofde Land is net “vergeestelik” of “versinnebeeld” in God se seën vir die kerk. Daar bestaan groot probleme met hierdie siening, soos die voortgesette bestaan van die Joodse mense regdeur die eeue en veral met die herlewing van Israel as moderne staat. Indien Israel deur God veroordeel is en daar geen toekoms vir die Joodse volk is nie, hoe verduidelik ons dan die bonatuurlike oorlewing van die Jode van die afgelope 2000 jaar, ten spyte van die baie pogings om hulle te vernietig? Hoe verduidelik ons hoekom en hoe Israel weer verskyn het as volk in die 20ste eeu, na geen bestaan vir die duur van 1900 jare?

Die siening dat Israel en die kerk verskil, is duidelik in die Nuwe Testament verklaar. Volgens die Bybel is die kerk heeltemal verskillend van Israel en die twee kan nooit met mekaar verwar word nie. Ons is vanuit die Skrif geleer dat die kerk ‘n totale nuwe skepping is, wat ontstaan het op Pinksterdag en sal bly bestaan totdat dit hemel toe gaan, tydens die wegraping (Ef 1:9-11; 1 Tess 4:13-17). Die kerk het geen verhouding met die vloeke en seën vir Israel nie. Die verbonde, beloftes en waarskuwings is net vir Israel van waarde. Israel is tydelik eenkant gesit in God se program gedurende hierdie afgelope 2000 jare van verstrooiing.

Na die wegraping (1 Tess 4:13-18) sal God vir Israel oprig as die primêre fokus van Sy plan. Die eerste gebeurtenis is die groot verdrukking (Open 6-19). Die wêreld sal veroordeel word, omdat dit Christus verwerp het, terwyl Israel voorberei is deur die beproewings van die groot verdrukking vir die tweede koms van die Messias. Dan wanneer Christus weer terugkom aarde toe, teen die einde van die verdrukking, sal Israel gereed wees om Hom te ontvang. Die oorskiet van Israel wat die verdrukking oorleef, sal gered word en die Here sal Sy koninkryk op hierdie aarde oprig, met Jerusalem as hoofstad. Met Christus wat as Koning sal regeer, sal Israel die volk wees wat leiding neem en verteenwoordigers van alle nasies sal na Jerusalem kom om die Koning, Jesus Christus, te eer en te aanbid. Die kerk sal saam met Christus terugkeer en saam met Hom regeer vir letterlik duisend jaar (Open 20:1-5).

Beide die Ou en Nuwe Testament ondersteun premillennia/dispensasie-plan van God vir Israel. Die sterkste ondersteuning daarvoor kry ons in die duidelike lering van Open 20:1-7, waar dit ses keer meld dat Christus se koninkryk 1000 jaar sal duur. Na die verdrukking sal die Here terugkeer en Sy koninkryk met die volk Israel oprig. Christus sal oor die hele aarde regeer en Israel sal die leiervolk wees. Die kerk sal vir letterlik duisend jaar saam met Hom regeer. Die kerk het nie vir Israel in God se plan vervang nie. Terwyl God in hierdie genadetyd primêr op die kerk fokus, het Hy nie van Israel vergeet nie en sal hom weer herstel as uitverkore volk, waarvoor Israel dan ook gekies is (Rom 11).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is vervangingsteologie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries