settings icon
share icon
Vraag

Waarom verwerp mense Jesus as hul Verlosser?

Antwoord


Die besluit om Jesus as Verlosser te aanvaar of te verwerp, is die belangrikste besluit in die lewe. Hoekom kies baie mense om Jesus as Verlosser te verwerp? Daar is miskien baie verskillende redes om Christus te verwerp, as wat daar mense is wat Hom verwerp, maar die volgende vier redes kan as algemene kategorieë dien:

Sommige mense dink dat hulle nie ‘n Verlosser nodig het nie. Hierdie mense beskou hulself as “fundamenteel goed” en besef nie dat hulle, soos alle ander mense, sondaars is wat nie op hul eie voorwaardes by God kan uitkom nie. Jesus het gesê, “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe nie behalwe deur My nie” (Joh 14:6). Diegene wat Christus verwerp, sal nie by magte wees om voor God te staan en suksesvol hul eie saak op hul eie meriete te bepleit nie.

Die vrees vir sosiale verwerping of vervolging veroorsaak dat sommige mense nie vir Christus as Verlosser aanneem nie. Die ongelowiges in Joh 12:42-43 wou Christus nie bely het nie, omdat hulle meer begaan was oor hul status onder hul vriende, as om eerder God se wil na te kom. Dit was die Fariseërs wie se liefde vir status en die gewildheid onder vriende, hulle verblind het, “want hulle het verkies om liewer deur mense geëer te word as deur God.”

Vir sommige mense is die dinge wat die teenswoordige wêreld bied, meer aanvaarbaar as die ewige dinge. Ons lees die storie van so ‘n man in Matt 19:16-23. Hierdie man was nie bereid om sy aardse besittings te verloor, om sodoende ‘n ewige verhouding met Jesus te win nie (sien ook 2 Kor 4:16-18).

Baie mense weerstaan eenvoudig die Heilige Gees se pogings om hul deur geloof na God toe te trek. Stefanus, ‘n leier van die vroeë kerk het aan die mense wat hom wou vermoor, gesê, “ Julle hardkoppiges! Julle is heidens in julle harte. Julle is doof vir die woord van God. Julle weerstaan altyd die Heilige Gees.” (Hand 7:51). Paulus, die apostel, het ‘n soortgelyke stelling teenoor ‘n groep mense gemaak, wat die Evangelie verwerp het in Hand 28:23-27).

Wat ook al die redes is waarom mense Jesus Christus verwerp, hul verwerping het verwoestende ewigheidsgevolge. “Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie”, as die naam “Jesus” nie (Hand 4:12) en diegene wat Hom verwerp, ongeag die rede, staar ‘n ewigheid van “diepste duisternis” (die hel) in die gesig en “Daar sal hulle huil en op hulle tande kners” (Matt 25:30). English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Waarom verwerp mense Jesus as hul Verlosser?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries