settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan ek myself voorberei vir troue?

Antwoord


Om vir ‘n troue voorteberei op ‘n bybelse manier is dieselfde as om vir enige ander lewenswyse reg te maak. Daar is ‘n beginsel wat alle aspekte van ons lewens as wedergeborenes lei: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel” (Matteus 22:37). Hierdie is nie ‘n ligsinnige opdrag (Gebooie) nie en vorm die basis van ons lewens as gelowiges. Ons kies om op God te fokus en op Sy Woord te fokus met ons hele hart, siel en verstand en ons hou onsself besig met die dinge wat Sy goedkeuring wegdra.

Ons verhouding met God deur Christus plaas alle ander verhoudings in perspektief. Die huweliks vehouding word gebaseer op die model van Christus en Sy kerk (Effesiers 5:22-23). Alle aspekte van ons lewens word beheer deur ons toegewydheid om te lewe volgens God se gebooie en die voorskrifte van ons Here. Ons getrouheid aan God en Sy Woord verskaf aan ons ‘n God-gegewe rol in die huwelik. Die rol van elke wedergeborene – gelowige is om alles tot God se eer te doen (1 Korintiërs 10:31).

Om vir die huwelik voorteberei moet ons wandel op ‘n manier wat waardig is aan Jesus Christus se roeping asook om in ‘n intieme verhouding met God te staan deur Sy Woord (2 Timoteus 3:16-17) en ons fokus te plaas op gehoorsaamheid. Daar is geen kort pad in ons gehoorsaamheid tot God nie. Dit is ‘n besluit wat ons op ‘n daaglikse basis neem om nie wereldse wyse te volg nie, maar wel om God te volg. Om ‘n waardige pad met Christus te loop is om in nederigheid te lewe volgens die enigste Wandel, die enigste Waarheid en die enigste Lewe van dag tot dag en moment tot moment. Hierdie is die voorbereiding vir elke gelowige tot die besondere gawe van die huwelik.

‘n Persoon wat geestelik volwasse is in sy pad met God is altyd meer voorbereid vir die huwelik as enige iemand anders. Die huwelik vereis trouheid, passie, nederigheid, liefde en respek. Hierdie is dieselfde eienskappe van iemand wat in ‘n intieme verhouding met God staan. Wanneer jy jouself voorberei vir die huwelik laat God toe om jou lei en te vorm in die man of vrou wat Hy wil hê jy moet wees (Romeine 12:1-2). Indien jy jouself aan God onderwerp sal Hy seker maak dat jy gereed is teen die tyd wat hierdie groot dag vir jou aanbreek.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan ek myself voorberei vir troue?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries