Vraag
Is vraatsugtigheid ‘n sonde? Wat sê die Bybel daaroor?
Antwoord
Ooreting is ‘n sonde wat Christene geneig is om te ignoreer. Ons is dikwels vinnig om rook en drink as sonde te etiketteer, maar om een of ander rede is vraatsugtigheid aanvaarbaar of word dit ten minste geduld. Baie van die argument teen rook en drink, soos gesondheid en verslawing, is gelykstaande aan ooreet. Baie gelowiges sal nie eers oorweeg om ‘n glas wyn te geniet of ‘n sigaret te rook nie, maar het geen probleem daarmee om hulself aan die etenstafel te ooreet nie. Dit behoort nie so te wees nie!
Spreuke 23:20-21 waarsku ons, “moet jou nie ophou met suiplappe en vrate nie, want die suiplap en die vraat word arm; dronkenskap laat jou in vodde loop.” Spreuke 28:7 verklaar, “’n Verstandige seun hou hom aan die wet van die Here; as die seun maats maak met mense wat vir niks eerbied het nie, bring hy skande oor sy vader.” Spreuke 23:2 vermaan, “en bedwing jou as jy ‘n groot eetlus het.”
Fisiese aptyte is ‘n analogie van ons vermoë om onsself te beheer. Indien ons nie ons eetgewoontes kan beheer nie, is ons heel moontlik ook nie by magte om ons ander gewoontes te beheer nie, soos byvoorbeeld die verstand (wellus, gierigheid, woede) en nie by magte om ons mond in toom te hou, rakende skinder en twis nie. Ons moenie toelaat dat ons eetlus ons beheer nie, maar ons moet beheer daaroor hê. (Lees Deut 21:20, Spreuke 23:2, 2 Pet 1:5-7, 2 Tim 3:1-9 en 2 Kor 10:5). Die vermoë om “nee” te sê vir enigiets in oordaad – selfbeheersing – is een van die vrugte van die Gees vir alle gelowiges (Gal 5:22).
God het ons geseën om die aarde te vul met kos wat smaaklik, voedsaam en aangenaam is. Ons moet God se skepping eer, deur hierdie kosse te geniet en deur dit te eet in behoorlike hoeveelhede. God vra van ons om ons eetlus te beheer, eerder as wat dit ons beheer.
English