Vraag
Was Jesus sondeloos?
Antwoord
Ja, Jesus was sonder sonde en dit is, omdat Jesus sondeloos was, dat ons hoop het op die ewigheid in die hemel. As Jesus nie sondeloos was nie, sou daar geen offerande vir sonde wees nie. Adam en Eva se ongehoorsaamheid teenoor God in die Tuin van Eden het sonde in hierdie wêreld ingebring (Gen 3:6). Saam met hul sonde het die dood gekom, netsoos God gewaarsku het (Gen 2:17). Die resultaat is, die mensdom word nou gebore met ‘n sondige natuur (Rom 5:12-19), en dit is reeds met ons vanaf die tyd dat bevrugting plaasgevind het (Ps 51:5). Die Bybel maak dit egter duidelik dat Jesus Christus, alhoewel versoek was op elke moontlike manier, netsoos ons (Hebr 4:15), nooit sonde gedoen het nie (2 Kor 5:21; 1 Joh 3:5). Die apostel Petrus het dit duidelik gestel: “Hy het geen sonde gedoen nie en uit Sy mond het daar nooit ‘n leuen gekom nie” (1 Pet 2:22). Inderdaad, aangesien Jesus Christus God is, het Hy geen vermoë om te sondig nie.
Om ‘n versperring tussen ons en ons Skepper te plaas, word ons almal onderwerp aan ons fisiese en ewige dood as gevolg van ons oorgeërfde sondige natuur: “Die loon wat die sonde gee, is die dood” (Rom 6:23). Om nou weer met God versoen te raak, benodig ons vergifnis en “sonder die vergieting van bloed vind daar geen vergewing plaas nie” (Hebr 9:22). Nadat Adam en Eva gesondig het, het God hulle geklee met “velklere” (Gen 3:21), deur die storting van die bloed van ‘n dier. Die baie daaropvolgende diereoffers, alhoewel dit perfek geïllustreer het dat sonde die dood vereis, het net ‘n tydelike vergifnis van sondes voorsien, want die bloed van daardie diere kon nooit sonde heeltemal skoon was nie (Hebr 19:4, 11).
Die Ou Testamentiese offerandes was ‘n voorafskaduwing van die volmaakte “eens en vir altyd” offerande van Jesus Christus (Hebr 7:27; 10:10). Die enigste manier hoe ons versoen kon raak met ‘n heilige en volmaakte God, was met ‘n heilige en volmaakte offer, wat ons slegs kon kry deur Jesus Christus, wat sonder sonde was. Soos Petrus verklaar het, “Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie. Inteendeel julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is” (1 Pet 1:18-19). Inderdaad was dit slegs die sondelose bloed van Christus alleen wat by magte was om vrede te bring tussen God en die mensdom (Kol 1:20). En met hierdie versoening, kan ons “heilig, sonder smet en onberispelik” (Kol 1:22) voor Hom staan.
Die sondelose Christus se dood aan die kruis op Golgota het die volle prys betaal vir ons almal se sonde, wat glo in Hom. Dus, wat aan die begin verlore was deur die sondeval, is aan die kruis teruggegee. Netsoos sonde in die wêreld gekom het deur een man, Adam, was God by magte om die hele wêreld te red deur een man, die sondelose Jesus Christus.
English
Was Jesus sondeloos?