settings icon
share icon
Vraag

Wat is die definisie van teologie?

Antwoord


Die woord “teologie” kom van twee Griekse woorde, wat gekombineerd die betekenis van “die studie van God” het. Christelike teologie is doodeenvoudig ‘n poging om God te verstaan soos Hy in die Bybel geopenbaar word. Geen teologie sal ooit volledig kan verduidelik hoe God en Sy weë werk nie, want God is onsterflik en ewig, verhewe bo ons. Dus sal enige poging om Hom te beskryf, misluk (Rom 11:33-36). Tog wil God hê dat ons Hom moet ken in soverre ons kan en teologie is die kuns en wetenskap om dit op ‘n georganiseerde en verstaanbare wyse te kan doen. Sommige mense probeer teologie vermy, omdat hul glo dat dit verdeling skep. As dit egter behoorlik verstaan word, is teologie samebindend. Behoorlike teologie is ‘n goeie ding; dit is die onderrig van God se Woord (2 Tim 3:16-17).

Die bestudering van teologie is niks meer as om in God se Woord te soek en te ontdek wat Hy oor Homself wil openbaar nie. As ons dit doen, leer ons Hom ken as die Skepper van alles, Onderhouer van alles en Regter oor alles. Hy is die Alfa en Omega, die begin en einde van alle dinge. Toe Moses gevra het wie hom na Farao toe stuur, het God geantwoord “Ek is wat Ek is” (Eks 3:14). Die naam EK IS dui persoonlikheid aan. God het ‘n naam, netsoos Hy aan ander mense name gegee het. Die naam EK IS dui op ‘n vrye, doelgerigte, self-onderhoudende persoonlikheid. God is nie ‘n hemelse krag of ‘n kosmiese energie nie. Hy is die almagtige, self-lewende, self-bepalende Wese met ‘n verstand en ‘n wil – die “persoonlike” God wat Homself deur Sy Woord en deur Sy Seun, Jesus Christus aan die mensdom geopenbaar het.

Om teologie te bestudeer, beteken om God te ken sodat ons Hom kan eer deur liefde en gehoorsaamheid. Let op die groei hier: ons moet Hom leer ken, voordat ons Hom kan liefhê en ons moet Hom liefhê, voordat ons kan begeer om Hom te gehoorsaam. As ‘n byproduk is ons lewens onmeetbaar verryk deur die troos en hoop wat Hy uitdeel aan diegene wat Hom ken, liefhet en Hom gehoorsaam. Vae teologie en ‘n oppervlakkige, onakkurate begrip van God sal net ons lewens slegter maak, in plaas daarvan om troos en hoop te bring. Ons is wreed teenoor onsself as ons probeer om in hierdie wêreld te leef sonder om van God te weet. Die wêreld is ‘n plek vol pyn en die lewe is vol teleurstellings en ongelukkigheid. Verwerp teologie en jy vonnis jouself met ‘n lewe sonder sin of rigting. Sonder teologie, mors ons met ons lewens en verloor ons ons siele.

Alle Christene moet betrokke wees by teologie – die intense, persoonlike studie oor God – met die doel om die Een saam met wie ons die ewigheid gelukkig en vreugdevol wil deurbring, beter te ken, lief te hê en te gehoorsaam.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die definisie van teologie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries