settings icon
share icon
Vraag

In watter jaar het Jesus gesterf?

Antwoord


Die dood van Jesus en Sy daaropvolgende opstanding is die enkele belangrikste gebeurtenisse sedert die skepping van die wêreld. Dit was deur die dood van Christus dat God hulle wat van Hom verwyder was as gevolg van sonde, gevat het en hulle “met Homself versoen deurdat Sy Seun as mens gesterwe het om julle (hulle) heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel” (Kol 1:21-22). En deur Christus se opstanding het God “In Sy groot ontferming…..ons die nuwe lewe geskenk” (1 Pet 1:3). Soos met die meeste van die gebeure wat aangeteken is, gee die Bybel ons nie die presiese datum waarop Jesus gesterf het nie, maar ons kan dit uitwerk met redelike goeie akkuraatheid.

Alhoewel die wêreld se tydslyn histories verdeel is tussen vC (voor Christus) en nC (anno domini – “in the year of our Lord”), is Jesus Christus eintlik gebore tussen die jare 6 en 4 vC. Ons kom hierby uit, gebaseer op die dood van Herodus die Grote, wat die prokurator was van Judea vanaf 47 vC tot hy gesterf het in 4 vC. Dit was “na die dood van Herodus” dat Josef en Maria aangesê was om met die kind Jesus na Israel terug te keer vanuit Egipte (Matt 2:19).

‘n Aantal faktore laat ons toe om die jaar van Jesus se dood te bepaal. Ons weet dat Johannes die Doper sy bediening in 26 nC begin het, gebaseer op die historiese nota in Luk 3:1. Jesus het waarskynlik Sy bediening kort na Johannes s’n begin. Jesus het toe vir die volgende drie en ‘n half jaar ongeveer bedien. Dus was die einde van Sy bediening so 29-30 nC (AD). Daar is geleerdes wat argumenteer daaroor en beide datums ondersteun; volgens die later datum (33 AD) moes Jesus ‘n langer bediening gehad het en moes dit later begin het. Volgens die vroeër datum (AD 30) lyk dit meer na reg, van wat ons aflei oor die begin van Jesus se bediening vanuit Luk 3:1.

Baie het gebeur op die wêreld se verhoog sedert die tyd van Christus, maar niks het ooit die omvang en betekenis van wat gebeur het in 30 AD oorskadu nie – die dood en opstanding van die Verlosser van die wêreld.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

In watter jaar het Jesus gesterf?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries