settings icon
share icon
Vraag

In watter jaar is Jesus gebore?

Antwoord


Die Bybel gee nie die presiese dag of selfs die presiese jaar waarin Jesus in Betlehem gebore is nie. Maar ‘n nader ondersoek van die kronologiese besonderhede van die geskiedenis bring die moontlikhede nader na ‘n redelike tydsgleuf.

Die bybelse besonderhede van Jesus se geboorte word in die Evangelies gevind. Matt 2:1 sê dat Jesus gebore is gedurende die dae van die koning, Herodus. Omdat Herodus in 4 vC gesterf het, het ons ‘n parameter om mee te werk. Verder, na Josef en Maria met Jesus na Betlehem gevlug het, het Herodus opdrag gegee om alle seuntjies 2 jaar oud en jonger in daardie omgewing dood te maak. Dit dui aan dat Jesus ongeveer 2 jaar oud kon wees voor Herodus se dood. Dit plaas die datum van Sy geboorte tussen 6 en 4 vC.

Luk 2:1-2 skryf sekere ander feite om te oordink: “In daardie tyd het keiser Augustus ‘n bevel uitgevaardig dat ‘n volkstelling in die hele ryk gehou moet word. Hierdie eerste volkstelling het plaasgevind toe Sirenius goewerneur was in die provinsie Sirië.” Ons weet dat keiser Augustus geregeer het van 27 vC tot 14 nC.

Quirinius het Sirië gedurende hierdie selfde tydsperiode geregeer, met opgawes van sensus wat Judea ingesluit het in ongeveer 6 vC. Sommige geleerdes debatteer, of dit die sensus is wat deur Lukas genoem is, maar dit wil voorkom asof dit dieselfde gebeure was. Gebaseer op hierdie historiese inligting, is die mees waarskynlike tyd van Christus se geboorte in Betlehem 6-5 vC (AD).

Lukas noem ander inligting rakende ons tydslyn: “Toe Jesus met Sy werk begin het, was Hy omtrent 30 jaar oud” (Luk 3:23). Jesus het met Sy bediening begin gedurende die tyd toe Johannes die Doper in die woestyn bedien het en Johannes se bediening het begin “die vyftiende regeringsjaar van keiser Tiberius. Pontius Pilatus was goewerneur van Judea en Herodus heerser van Galilea. Sy broer Filippus was heerser van Iturea en Tragonitis en Lisanias heerser van Abilene. Annas en Kajafas was die hoëpriesters” (Luk 3:1-2).

Die enigste tydsperiode wat al hierdie feite pas, is 27-29 vC (AD). As Jesus ongeveer 30 jaar oud was teen 27 nC, sou ‘n geboorte tussen 6 en 4 vC die kronologie pas. Meer spesifiek, Jesus sou ongeveer 32 jaar oud wees teen die tyd dat Hy begin bedien het (steeds “omtrent dertig jaar oud”).

Wat van die dag van Christus se geboorte? Die tradisie van 25 Desember het lank na die Nuwe Testamentiese periode ontstaan.Dit is die dag wat Christene saam besluit het om Jesus se geboorte te vier, maar die presiese dag van Sy geboorte is onbekend.

Wat bekend is, is dat bybelse en historiese besonderhede wys na ‘n geskatte geboortejaar. Jesus is gebore in Betlehem in Judea ongeveer 6-5 vC, vir Sy moeder, Maria. Sy geboorte het die geskiedenis vir ewig verander, tesame met die lewens van tallose mense oor die wêreld heen.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

In watter jaar is Jesus gebore?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries