settings icon
share icon
Vraag

Wat is wedergeboorte volgens die Bybel?

Antwoord


‘n Ander woord vir “herlewing” is “wedergeboorte,” en dit hou verband met die bybelse frase “om weer gebore te word.” Ons wedergeboorte word onderskei van ons eerste geboorte, toe ons fisies gebore is en ons sondige natuur geërf het. Die nuwe geboorte is ‘n geestelike, heilige en hemelse geboorte, wat tot gevolg het dat ons geestelik herlewe. Die mens in sy natuurlike toestand is “dood as gevolg van …….oortredings en sondes” totdat hy deur Chrtistus “lewend gemaak” (nuutgemaak) is. Dit gebeur wanneer hy sy geloof in Christus plaas (Ef 2:1).

Herlewing is ‘n radikale verandering. Net soos ons fisiese geboorte plaasvind in ‘n nuwe individuele intrede in die aardse ryk, is ons geestelike geboorte in ‘n nuwe mens die intrede tot die hemelse ryk (Ef 2:6). Na herlewing begin ons te sien en hoor en soek na goddelike dinge; ons begin leef ‘n lewe van geloof en heiligheid. Nou word Christus in die harte gevorm; nou is ons deel van die goddelike natuur, deurdat ons nuwe skepsels geraak het (2 Kor 5:17). God, nie die mens nie, is die bron van sy transformasie (Ef 2:1,8). God se groot liefde en gratis geskenk, Sy ryke genade en oorvloed medelye, is die oorsaak van die wedergeboorte. Die almagtige krag van God – die krag wat Christus uit die dood laat opstaan het – word vertoon in die herlewing en verandering van sondaars (Ef 1:19-20).

Wedergeboorte is nodig. Sondige menslike vlees kan nie in God se teenwoordigheid stand hou nie. In Sy gesprek met Nikodemus, het Jesus twee keer genoem dat ‘n mens weer gebore moes word om die koninkryk van God te sien (Joh 3:3,7). Wedergeboorte is nie opsioneel nie, want “Wat uit die mens gebore is, is mens; wat uit die Gees gebore is, is gees” (Joh 3:6). Fisiese geboorte pas by ons aardse ryk; geestelike wedergeboorte pas ons in by die hemelse. Sien Ef 2:1; 1 Pet 1:23; Joh 1:13; 1 Joh 3:9; 4:7; 5:1,4,18.

Wedergeboorte is deel van wat God vir ons doen die oomblik as ons gered word, saam met beseëling (Ef 1:14) aanneming (Gal 4:5), versoening (2 Kor 5:18-20), ens. Wedergeboorte is God wat iemand geestelik lewend maak, as gevolg van geloof in Jesus Christus. Voor verlossing was ons nie God se kinders nie (Joh 1:12-13); ons was eerder sondaars wat die straf verdien het (Ef 2:3; Rom 5:18-20). Voor verlossing, was ons ontaard; na verlossing is ons nuutgemaak. Die gevolg van nuutmaking is vrede met God (Rom 5:1), nuwe lewe (Titus 3:5; 2 Kor 5:17) en ewige kindskap (Joh1:12-13; Gal 3:26). Wedergeboorte begin die proses van heiligmaking, waar ons God se mense word, soos Hy ons wil hê (Rom 8:28-30).

Die enigste manier vir wedergeboorte is deur geloof in die afgehandelde werk van Christus aan die kruis. Geen hoeveelheid goeie werke of deur die Wet te onderhou, kan ‘n hart laat herlewe nie. “Daarom sal geen mens op grond van wetsonderhouding deur God vrygespreek word nie; inteendeel die wet leer ‘n mens wat sonde is” (Rom 3:20). Slegs Christus het ‘n geneesmiddel vir die gebrokenheid van die menslike hart. Ons benodig nie herstelwerk of reformasie of re-organisasie nie; ons het wedergeboorte nodig.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is wedergeboorte volgens die Bybel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries