settings icon
share icon
Vraag

Wie is die Antichris?

Antwoord


Daar is baie spekulasie oor die identiteit van die Antichris. Sommige van die meer populêre teikens is Vladimir Putin, Mahmoud Ahmadinejad en Pous Benedict XVI. In die Verenigde State van Amerika is voormalige president Bill Clinton en George W. Bush en huidig president Barack Obama die kandidate wat die meeste genoem word. Dus, wie is die Antichris en hoe sal ons hom herken?

Die Bybel sê regtig nie enigiets spesifieks oor waarvandaan die Antichris sal kom nie. Baie spekuleer dat hy van ‘n konfederasie van tien nasies en/of ‘n wedergebore Romeinse Keiserryk sal kom (Dan 7:24-25; Open 17:5). Ander sien hom as ‘n Jood wat voorgee dat hy die Messias is. Dit is alles slegs spekulasie, aangesien die Bybel nie praat van waar hy kom of wat sy ras is nie. Eendag sal die Antichris openbaar word. 2 Tess 2:3-4 vertel hoe ons die Antichris sal herken, “Laat niemand julle op watter manier ook al mislei nie. Die dag van die Here sal nie aanbreek voordat die laaste afvalligheid gekom het en die wettelose mens vir die verderf bestem is, sy verskyning gemaak het nie. Hy sal hom verset teen al wat God genoem word of wat as heilig vereer word en hy sal hom bo hulle verhef. Hy sal selfs in die tempel van God gaan sit en voorgee dat hy God is.”

Dit is waarskynlik dat die meeste mense wat nog lewe wanneer die Antichris kom, baie verras oor sy identiteit sal wees. Die Antichris mag of mag nié vandag lewe nie. Martin Luther was oortuig dat die Pous van daardie tyd die Antichris was. Gedurende die 1940’s het baie geglo dat dit Adolph Hitler was. Ander wat in die afgelope paar honderd jaar geleef het, het ook hul sekerheid gehad, maar almal was verkeerd. Ons moet ophou spekuleer en fokus op wat die Bybel sê. Open 13:5-8 verklaar, “ Die dier is toegelaat om verskriklike dinge te sê en te laster en om twee en veertig maande lank gesag uit te oefen. Hy het teen God begin laster, hy het God se Naam en sy woonplek en dié wat in die hemel bly, belaster. Aan hom is daar ook mag gegee om teen die gelowiges oorlog te maak en hulle te oorwin; en daar is gesag aan hom gegee oor elke stam, volk, taal en nasie. Al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die skepping van die wêreld af geskrywe staan in die boek van die lewe, die boek van die Lam wat geslag is nie.”

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wie is die Antichris?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries