settings icon
share icon
Vraag

Word ons engele na ons dood?

Antwoord


Engele is deur God geskep (Kol 1:15-17) en verskil totaal van mense. Hulle is God se spesiale agente om Sy plan uit te dra en om die volgelinge van Christus te bedien (Hebr 1:13-14). Daar is geen aanduiding dat engele voorheen mense of enigiets anders was nie - hulle is as engele geskep. Engele het geen behoefte of kan nie die verlossing wat Christus vir die mense kom voorsien het, beleef nie. 1 Pet 1:12 beskryf hul begeerte om die Evangelie te ken, maar dit is nie vir hulle bedoel nie. Indien hul voorheen mense was, sou die konsep van redding geen misterie vir hulle wees nie en sou hul dit self beleef het. Ja, hulle verheug hul as ‘n sondaar hom omdraai na Christus toe (Luk 15:10), maar verlossing in Christus is nie vir hulle bedoel nie.

Uiteindelik sal die liggaam van ‘n gelowige sterwe. Wat gebeur dan? Die gees van die gelowige gaan om by Christus te wees (2 Kor 5:8). Die gelowige word nie ‘n engel nie. Dit is interessant dat beide Elia en Moses herkenbaar was op die Berg van Verheerliking. Hulle het nie in engele verander nie, maar as hulself verskyn – alhoewel verheerlik – en was herkenbaar deur Petrus, Jakobus en Johannes.

In1 Tess 4:13-18 vertel Paulus dat die gelowiges in Christus slaap in Jesus; dit beteken dat hul liggame dood is, maar hul gees lewendig is. Die teksgedeelte vertel dat wanneer Christus weer kom, hy diegene wat in Hom slaap, saam met Hom bring en dan sal hul liggame opgewek en nuut gemaak word, soos Christus se opgewekte liggaam en weer met hul gees verenig word, wat Hy saam met Hom bring. Alle gelowiges in Christus wat nog lewe wanneer Christus weer kom, se liggame sal verander word soos Christus s’n en hul gees sal nuutgemaak wees en geen sondige natuur meer hê nie.

Alle gelowiges in Christus sal mekaar herken en vir ewig saam met die Here leef. Ons sal Hom tot in alle ewigheid dien, nie as engele nie, maar tesame met die engele. Dank die Here vir die lewende hoop wat Hy voorsien vir die gelowige in Jesus Christus.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Word ons engele na ons dood?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries